Ons Tuis / Monumenttehuise

Programme/Dienste

Die volgende aktiwiteite en kerkdienste word by die Emily Hobhouse Monumnettehuis gelewer:

  • Arbeidsterapie en mosaïekklasse (Donderdag)
  • Snoepie (Maandag)
  • Versnaperingstrollies, fondsinsameling vir Groot Emily wat twee keer per week eetgoed en lekkernye aan die inwoners verkoop
  • Haarsalon (Woensdag, Donderdag en Vrydag)
  • Biblioteek (Maandag)
  • Verpleegdienste (vanaf Maandag tot Vrydag van 7:30 tot 12:30)
  • Dienssentrum (Woensdag)
  • Fliek (Dinsdag)
  • Jukskei (Donderdag by Danville Dienssentrum)
  • Graspyle op die grasperk by Groot Emily elke middag
  • Pool speel in die Kraaines sitkamer, en veerpyltjies word gespeel op die Kraaines se stoep
  • Verskeie speletjies is ook beskikbaar, en daar word elke middag Rummy Cup en kaarte gespeel in die Emily eetsaal
  • Pilatusklasse.

Kerkdienste:

  • Woensdagmiddag Bybelstudie en Kerkdiens Herv Kerk
  • Donderdagmiddag Kerkdiens NG Kerk
  • Vervoer word elke Sondag gereël na die Herv Kerk en die NG kerk toe.

Gedagte vir die maand

"Die natuur is die altyd wisselende veelkleurige kleed van God" (Johann Wolfgang von Goethe)

Wenslysie

Ons Tuis benodig lugversorgers vir die Alzheimer-afdeling. Skenkings en donasies sal waardeer word.

Van Rensburg Tehuis benodig die volgende vir hul arbeidsterapiesessies:

  • Musiekinstrumente (dromme, klokkies, maraka's, tamboryn)
  • Sagte lekkers, suigstokkies, sjokolade, ens vir pryse
  • Wol, "chunky" en "double knit"
  • DVD's oor die natuur, diere, ens.
  • Standaard kragopwekker

Amot benodig:

  • Fotostaatpapier
  • Huisplante
  • Sitkamerstel
  • Stortjel
  • Skryfbehoeftes
  • Lakens
  • Komberse
  • Dekens
  • Handdoeke
  • Gordyne
  • Kantgordyne
  • Hospitaalbedmatrasse

Louis Trichardt Tehuis benodig:

  • Industriële tuimeldroër
  • Matwasser
  • Industriële skoonmaaktrollies met mops
  • Herstelwerk aan gordyne
  • Sitkamerstel
  • Enkelbedmatrasse
  • Biblioteekboekrak
  • Hulp met fondsinsamelingsprojekte
  • Toiletware, lekkers, "luukshede" om by verjaardagpakkies te voeg
  • Vrywilligers

Belangrike datums

Junie
2   – Amot: Pannekoek
8   − Emily Hobhouse: Wintertee Tooi Turkoois
11 – Amot: Vadersdagete
18 – Van Rensburg: Vadersdag

Julie
7   – Amot: Sop en sjerie, Kaas en wyn
29 – Louis Trichardt: Kersfees in Julie

September
1   – Amot: Lentedag. Blommetjies en bytjies
9   – Louis Trichardt: Lentetee
13 – Amot: Breekommitee
15 – Amot: Pannekoek
20 − Emily Hobhouse: Uitstappie

Oktober
1   – Amot: Nasionale dag vir bejaardes bederf
7   − Emily Hobhouse: Speelgoed kompetisie
12 − Emily Hobhouse: Lentebraai
24 – Van Rensburg: Lentedag
28 – Amot: Personeelafsluiting Golf Estate

November
4   – Piet Potgieter: Brille & Pille Bikers Ralley en Bazaar
18 – Amot: Ouer kind dag met kunstenaar
23 – Louis Trichardt: Kersete
29 − Emily Hobhouse: Kersprogram (Dienssentrum)
Nov – Van Rensburg: Jaareindfunksie

Desember
1−15 Des – Piet Potgieter: Kersliggie Fees
6   – Amot: Kersete
28 − Emily Hobhouse: Oujaarsbraai
30 – Amot: Braaivleis