| Andries Marie Oosthuizen Tehuis |
|
Geesdriftige boemelaars Valentynsdag 2013 was 'n prettige affêre by Amot. Inwoners het geesdriftig deelgeneem en volgens die boemelaarstema aangetrek:
Kortnuus Die jaar is alreeds volstoom aan die gang en ons Boemelaars-Valentynsfunksie is op hande. Vir ons gholfdag op 7 Junie benodig ons nog borge en pryse. Alle belangstellendes word versoek om asb so gou moontlik met ons te skakel by tel 056 811 2185 sodat hierdie dag tot voordeel van ons inwoners 'n groot sukses kan wees. Hierdie jaar het ons ook elke kwartaal kursusse vir personeel ontwikkeling. Die volgende onderwerpe sal hanteer word: Kommunikasie, konflikhantering, interpersoonlike vaardighede, streshantering en sterwensbegeleiding. Professionele persone Meer oor ons Ons bied 24-uur totale fisiese versorging van verswakte bejaardes, wat alle aspekte van versorging insluit soos:
Woonreg- en huurwoonstelle is beskikbaar, asook kamerfasiliteite met eie geriewe.
Ons het ook 'n uitreikaksie na Tumahole (Parys) waar meer as 34 etes driemaal per week voorsien word en tuisversorging op 'n weeklikse basis plaasvind. |


