Ons Tuis / Monumenttehuise

Programme/Aktiwiteite

Hierdie is ‘n Dienssentrum met 'n hartklop! Wat laat hierdie hart klop? Die ongelooflike Dienssentrumlede! Kom lê besoek af en vergewis uself hoe mense wat ouer word hul vrye tyd bestee. Hoe hulle hul kundigheid aanwend volgens die talente wat hul ontvang het. Onder heerlike geskerts word menige taak verrig:

  • Die allerheerlikste gebak word voorberei – resepte wissel en word aangepas soos groepe verander. Groot bestellings word op gereelde basis hanteer.
  • Voorbereiding van eetgoed en bediening daarvan aan begrafnisgangers van oral oor. Met piëteit en deernis word hierdie taak verrig.
  • Funksies word gereeld aangebied. Terwyl kundiges ‘n heerlike maal berei, dek ander keurige tafels terwyl nog ander blomme rangskik om die prentjie verder op te tooi.
  • Woensdae is Dienssentrumdag. Dan hou ons verjaardagtee of luister na 'n kunstenaar. Natuurlik word daar eers oor tee nuus uitgeruil of na mekaar se welstand verneem. Omgee en liefhê is hoog op die agenda.
  • Mooi handwerk word gemaak; jy is nooit te oud om te leer nie, al is dit net 'n nuwe steek.
  • Onder die afdak in die binnehof, word rokke en gordyne gesny wat of in die naaldwerkkamer of woonstel aanmekaar gewerk word.
  • 'n Inwoner van 87 jaar doen nog houtsneewerk in die binnehof terwyl ander die Beeld lees wat daagliks vir ons inwoners se gebruik beskikbaar is.
  • In hierdie binnehof speel die musiek altyd, want dis 'n gewilde saamkom- en kuierplek.
  • Vir fondsinsameling word daar elke jaar 'n mark aangebied, nl die Wintermark. Hier spog ons dan met eie gebak en handwerk en, natuurlik, heerlike pannekoek, vetkoek en kerrie-en-rys. Buite-uitstallers word ook genooi om deel te neem aan hierdie markte.

Dan is daar ook diegene wat liefs:

  • Help met die bedryf van die biblioteek
  • Bordspeletjies speel
  • Inwoners versorg wanneer hulle olik is, want hier vind jy weer nuwe broers en susters om die pad mee te stap.

Dienste word gelewer om kwaliteit tot elkeen se bestaan te voeg:

  • Voetsorg en bloeddrukmeting word aangebied
  • 'n Verskeidenheid uitstappies word jaarliks onderneem
  • Ons organiseer jaarliks 'n weeklange vakansie wat per luukse bus geskied. Hierdie vakansie is vir inwoners sowel as lede van die gemeenskap. Nuwe vriendskappe word gesmee, en almal deel in die pret.
  • Kundige inwoners help met die snoei van rose en versorging van ons mooi tuine. Hier is genoeg bankies en mooi rusplekkies vir alleen wees op die ruim terrein.
  • Die lapa word gereeld gebruik vir 'n lekker braai – dis mos Afrikanertradisie.
  • Wasgoed- en skoonmaakdienste is beskikbaar, sowel as ete voorsiening.

martienspretoriusMnr Martiens Pretorius, in die foto hier langsaan, word in Junie 2012 80 jaar oud. Hier neem hy deel aan Jacaranda 94.2 se pretstap Sisters with Blisters op 26 November 2011. Vir die wedloop kan jy kwalifiseer vir 4 of 8 kilometer. Sy dogter Gerda het laat weet dat hy met die neem van die foto reeds 12.5 kilometer afgelê het, en sy kleindogter Liezl het die laaste 4.5 kilometer saam met hom "gehardloop", want Oupa is 'n haastige stapper.

Gedagte vir die maand

"Die natuur is die altyd wisselende veelkleurige kleed van God" (Johann Wolfgang von Goethe)

Wenslysie

Ons Tuis benodig lugversorgers vir die Alzheimer-afdeling. Skenkings en donasies sal waardeer word.

Van Rensburg Tehuis benodig die volgende vir hul arbeidsterapiesessies:

  • Musiekinstrumente (dromme, klokkies, maraka's, tamboryn)
  • Sagte lekkers, suigstokkies, sjokolade, ens vir pryse
  • Wol, "chunky" en "double knit"
  • DVD's oor die natuur, diere, ens.
  • Standaard kragopwekker

Amot benodig:

  • Fotostaatpapier
  • Huisplante
  • Sitkamerstel
  • Stortjel
  • Skryfbehoeftes
  • Lakens
  • Komberse
  • Dekens
  • Handdoeke
  • Gordyne
  • Kantgordyne
  • Hospitaalbedmatrasse

Louis Trichardt Tehuis benodig:

  • Industriële tuimeldroër
  • Matwasser
  • Industriële skoonmaaktrollies met mops
  • Herstelwerk aan gordyne
  • Sitkamerstel
  • Enkelbedmatrasse
  • Biblioteekboekrak
  • Hulp met fondsinsamelingsprojekte
  • Toiletware, lekkers, "luukshede" om by verjaardagpakkies te voeg
  • Vrywilligers

Belangrike datums

Junie
2   – Amot: Pannekoek
8   − Emily Hobhouse: Wintertee Tooi Turkoois
11 – Amot: Vadersdagete
18 – Van Rensburg: Vadersdag

Julie
7   – Amot: Sop en sjerie, Kaas en wyn
29 – Louis Trichardt: Kersfees in Julie

September
1   – Amot: Lentedag. Blommetjies en bytjies
9   – Louis Trichardt: Lentetee
13 – Amot: Breekommitee
15 – Amot: Pannekoek
20 − Emily Hobhouse: Uitstappie

Oktober
1   – Amot: Nasionale dag vir bejaardes bederf
7   − Emily Hobhouse: Speelgoed kompetisie
12 − Emily Hobhouse: Lentebraai
24 – Van Rensburg: Lentedag
28 – Amot: Personeelafsluiting Golf Estate

November
4   – Piet Potgieter: Brille & Pille Bikers Ralley en Bazaar
18 – Amot: Ouer kind dag met kunstenaar
23 – Louis Trichardt: Kersete
29 − Emily Hobhouse: Kersprogram (Dienssentrum)
Nov – Van Rensburg: Jaareindfunksie

Desember
1−15 Des – Piet Potgieter: Kersliggie Fees
6   – Amot: Kersete
28 − Emily Hobhouse: Oujaarsbraai
30 – Amot: Braaivleis