Ons Tuis / Monumenttehuise

Geskiedenis

Van oud tot nuut, tot heel nuut

Toe die "Ou Emily" ontruim is vir sloping in 1982, is die bejaardes tydelik na ander tehuise oorgeplaas – party na Louis Trichardt Tehuis, die verswaktes na Van Rensburg Tehuis, sommiges na familie en 25 het verhuis na 'n plot naby die Wonderboom Lughawe, wat ons "Makeeripas" genoem het. Met hierdie blyery in Makeeripas, het daar reeds 'n gevoel van 'n groot familie tussen die inwoners ontstaan. In September 1983 het lede van hierdie "familie" reeds na die onklaar "Nuwe Emily" oorgetrek, saam met mev Kitty Roos, die welbekende maatskaplike werker van die Monumenttehuise, om toesig te hou oor die skoonmaak van die plek en al die nuwe voorrade te ontvang.

Die NHSV dames het om die beurt in spanne kom help – gordyne is gesny, gemaak en gehang, al die vloere is ge-"strip" en gepolitoer, die ingeboude kaste is gewas, die beddens is almal oorgetrek met nuwe beddegoed, skottelgoed is uitgepak en gewas.

In Oktober 1983 het die res van die "ou" inwoners begin terugkom. Die verswaktes het die eerste en tweede vloere betrek, die derde vloer was die rolstoele, die vierde vloer dié wat met krukke en looprame geloop het, die vyfde en die sesde vloere was die mense wat hulle nog self kon help. Baie van hulle het hulp aangebied deur te help om tafels te dek.

Op 26 November 1983 is die nuwe gebou in gebruik geneem as 'n tehuis. In 1996 is die tehuis omskep in behuising vir bejaardes wat nog selfstandig funksioneer.

Ons hou ook nie hier op met droom nie. Daar was nog groot nood vir behuising en daarom is nog 13 woonstelle vroeg in 2002 te begin bou. Die eerste intrekkers neem hulle intrek by Kismet in Desember 2003.

Bestuur
1982 – Mev Kitty Roos
1990 – Mev Linds Orban
2003 – E Gernecke
2004 – R Lindford
2006 – S du Toit
2014 – I Erasmus

Gedagte vir die maand

"Die natuur is die altyd wisselende veelkleurige kleed van God" (Johann Wolfgang von Goethe)

Wenslysie

Ons Tuis benodig lugversorgers vir die Alzheimer-afdeling. Skenkings en donasies sal waardeer word.

Van Rensburg Tehuis benodig die volgende vir hul arbeidsterapiesessies:

  • Musiekinstrumente (dromme, klokkies, maraka's, tamboryn)
  • Sagte lekkers, suigstokkies, sjokolade, ens vir pryse
  • Wol, "chunky" en "double knit"
  • DVD's oor die natuur, diere, ens.
  • Standaard kragopwekker

Amot benodig:

  • Fotostaatpapier
  • Huisplante
  • Sitkamerstel
  • Stortjel
  • Skryfbehoeftes
  • Lakens
  • Komberse
  • Dekens
  • Handdoeke
  • Gordyne
  • Kantgordyne
  • Hospitaalbedmatrasse

Louis Trichardt Tehuis benodig:

  • Industriële tuimeldroër
  • Matwasser
  • Industriële skoonmaaktrollies met mops
  • Herstelwerk aan gordyne
  • Sitkamerstel
  • Enkelbedmatrasse
  • Biblioteekboekrak
  • Hulp met fondsinsamelingsprojekte
  • Toiletware, lekkers, "luukshede" om by verjaardagpakkies te voeg
  • Vrywilligers

Belangrike datums

Junie
2   – Amot: Pannekoek
8   − Emily Hobhouse: Wintertee Tooi Turkoois
11 – Amot: Vadersdagete
18 – Van Rensburg: Vadersdag

Julie
7   – Amot: Sop en sjerie, Kaas en wyn
29 – Louis Trichardt: Kersfees in Julie

September
1   – Amot: Lentedag. Blommetjies en bytjies
9   – Louis Trichardt: Lentetee
13 – Amot: Breekommitee
15 – Amot: Pannekoek
20 − Emily Hobhouse: Uitstappie

Oktober
1   – Amot: Nasionale dag vir bejaardes bederf
7   − Emily Hobhouse: Speelgoed kompetisie
12 − Emily Hobhouse: Lentebraai
24 – Van Rensburg: Lentedag
28 – Amot: Personeelafsluiting Golf Estate

November
4   – Piet Potgieter: Brille & Pille Bikers Ralley en Bazaar
18 – Amot: Ouer kind dag met kunstenaar
23 – Louis Trichardt: Kersete
29 − Emily Hobhouse: Kersprogram (Dienssentrum)
Nov – Van Rensburg: Jaareindfunksie

Desember
1−15 Des – Piet Potgieter: Kersliggie Fees
6   – Amot: Kersete
28 − Emily Hobhouse: Oujaarsbraai
30 – Amot: Braaivleis