Ons Tuis / Monumenttehuise

Geskiedenis

Klein, groter, grootste

Met die 25 jarige bestaan van die NHSV word die Piet Potgieter Monument Tehuis geopen deur minister JJ Serfontein op 11 September 1965. Hierdie tehuis in Potgietersrus is deur die argitek RH Veitch ontwerp. Die voorsitter van die bestuur was mev LL Coetzee. Die eetsaal is na haar dood in 1967 na haar vernoem.

Die eerste matrone mev P Smit, het ook 'n behoefte gesien van inwoners wat ouer word en versorging nodig het. In 1973 het die NHSV kongres besluit om 'n versorgingseenheid aan te bou. Die oorspronklike argitek word genader vir die nodige planne en ds David Dreyer hanteer die onderhandeling vir die grond. Die NHSV take, die plaaslike gemeentes en ds B van Wyk het baie hard gewerk in hierdie tyd en hul toegespits op fondsinsameling. Die bou-argitekte Du Plessis en Blignaut en die bouers Degenaar en Steyn was betrokke by die projek. Die Tehuis se nuwe deel word op 24 September 1983 in gebruik geneem en die gedenksteen word deur mev Kotie Viljoen onthul.

Na mev P Smit neem eers A Pistorius en toe mev M Nortje die leisels as matrone oor.

Op 26 September 1986 was Piet Potgieter 21 jaar oud en op daardie stadium was matrone J van der Merwe en Huisbestuur voorsitter Ds B van Wyk aan die stuur van sake. Ds B van Wyk word opgevolg deur ds P Kotze en daarna ds G Malan.

Aftree-oord
Piet Potgieter Tehuis beskik ook oor 'n pragtige aftree-oord, bestaande uit 16 luukse meenthuise met pragtige tuine, wat te koop aangebied word word op okkupasieregbasis. Aanliggend tot die tehuis is ook 'n woonstelblok met 52 wooneenhede waar enkel, asook egpare pragtige eenhede kan huur volgens behoefte. Van die eenhede is ook te koop op okkupasieregbasis. Daar is ook drie dienshuise geleë wat op die Abbeyfield-konsep funksioneer, wat huisvesting aan 15 bejaardes bied. Inwoners van dienshuise beskik elk oor ‘n eie kamer en badkamer. Dienste sluit 2 maaltye in.

Die tehuis word vandag bestuur deur mev Mariaan van Tonder en die Huisbestuur voorsitter is ds HSK Nel. In hierdie tyd is verskeie bou projekte deur hulle geïnisieer.

Gedagte vir die maand

"Die natuur is die altyd wisselende veelkleurige kleed van God" (Johann Wolfgang von Goethe)

Wenslysie

Ons Tuis benodig lugversorgers vir die Alzheimer-afdeling. Skenkings en donasies sal waardeer word.

Van Rensburg Tehuis benodig die volgende vir hul arbeidsterapiesessies:

  • Musiekinstrumente (dromme, klokkies, maraka's, tamboryn)
  • Sagte lekkers, suigstokkies, sjokolade, ens vir pryse
  • Wol, "chunky" en "double knit"
  • DVD's oor die natuur, diere, ens.
  • Standaard kragopwekker

Amot benodig:

  • Fotostaatpapier
  • Huisplante
  • Sitkamerstel
  • Stortjel
  • Skryfbehoeftes
  • Lakens
  • Komberse
  • Dekens
  • Handdoeke
  • Gordyne
  • Kantgordyne
  • Hospitaalbedmatrasse

Louis Trichardt Tehuis benodig:

  • Industriële tuimeldroër
  • Matwasser
  • Industriële skoonmaaktrollies met mops
  • Herstelwerk aan gordyne
  • Sitkamerstel
  • Enkelbedmatrasse
  • Biblioteekboekrak
  • Hulp met fondsinsamelingsprojekte
  • Toiletware, lekkers, "luukshede" om by verjaardagpakkies te voeg
  • Vrywilligers

Belangrike datums

Junie
2   – Amot: Pannekoek
8   − Emily Hobhouse: Wintertee Tooi Turkoois
11 – Amot: Vadersdagete
18 – Van Rensburg: Vadersdag

Julie
7   – Amot: Sop en sjerie, Kaas en wyn
29 – Louis Trichardt: Kersfees in Julie

September
1   – Amot: Lentedag. Blommetjies en bytjies
9   – Louis Trichardt: Lentetee
13 – Amot: Breekommitee
15 – Amot: Pannekoek
20 − Emily Hobhouse: Uitstappie

Oktober
1   – Amot: Nasionale dag vir bejaardes bederf
7   − Emily Hobhouse: Speelgoed kompetisie
12 − Emily Hobhouse: Lentebraai
24 – Van Rensburg: Lentedag
28 – Amot: Personeelafsluiting Golf Estate

November
4   – Piet Potgieter: Brille & Pille Bikers Ralley en Bazaar
18 – Amot: Ouer kind dag met kunstenaar
23 – Louis Trichardt: Kersete
29 − Emily Hobhouse: Kersprogram (Dienssentrum)
Nov – Van Rensburg: Jaareindfunksie

Desember
1−15 Des – Piet Potgieter: Kersliggie Fees
6   – Amot: Kersete
28 − Emily Hobhouse: Oujaarsbraai
30 – Amot: Braaivleis