Gemeenskapsbetrokkenheid

Al die tehuise vann OTMT is bevoorreg om mense se hê wat omgee – omgee vir die inwoners, in die eerste plek, en dan ook omgee vir die voortsetting van die werk wat in die tehuise en dienssentrums gedoen word. Hierdie omgee kom op verskillende wyses tot uiting.

So is daar NHSV (Nederduitsch Hervormde Kerk Sustersverening) takke wat as voogde by die verskillende tehuise in gedeel is. Hierdie takke onderneem om maandeliks besoek aan die spesifieke tehuis te bring en aan die inwoners versnapperinge te verskaf. Dikwels kan tehuise by NHSVs aanklop vir bykomende hulp.

Die verskillende gemeentes, van alle denominasies, waarin die tehuise geleë is, speel 'n groot rol in die welstand van die inwoners. Bybelstudies, eredienste en welwillendheidsbesoeke vind gereeld plaas.

Die skole in die onmiddellike omgewing van die tehuise se betrokkenkheid lewer 'n groot bydrae om die lewe van inwoners aangenaam te maak. Speletjies word deur die kinders aangebied en besoeke word gebring.

Ons wil graag alle belangstellendes uitnooi om deel te word van die groot "familie" wat betrokke is by die welstand van ons inwoners. Kontak ons gerus vir meer inligting.

 

 

Gedagte vir die week

"In die stryd om oorlewing gee talent die uitklophou, maar takt is die slim voetwerk" (Wilson Mizner)

Wenslysie

Van Rensburg Tehuis benodig die volgende vir hul arbeidsterapiesessies:

  • Balle van verskillende groottes vir oefening
  • Netbal-/basketbalring wat teen 'n paal vasgesit kan word
  • Gewigte/"dumbells", 1 en 2 kg
  • Musiekinstrumente (dromme, klokkies, maraka's, tamboryn)
  • Seepborrels
  • Sagte lekkers, suigstokkies, sjokolade, ens vir pryse
  • Wol, "chunky" en "double knit"
  • DVD's oor die natuur, diere, ens.
  • Boeke in groot druk
  • Aktiwiteitsboeke met woordspeletjies (verkieslik in grootdruk)

Belangrike datums

7 Junie: AMOT – Gholfdag
13 Julie: Emily Hobhouse – Sop en sjerrie
19 Julie: Machteld Postmus Kompleks – Sop en Sjerrie
9 Augustus: Emily Hobhouse – Erica Volkspelelaer
23 Augustus: Louis Trichardt – Mandjiedans
30 Augustus: Emily Hobhouse – Wegneemeteverkoping
13 September: Machteld Postmus Kompleks – Lentefees
27 September: AMOT – Jaareindfunksie en spanbou vir personeel
29 September: AMOT – Jaareindfunksie vir Admin-personeel
11 Oktober: Emily Hobhouse – Lentebraai
11–13 Oktober: AMOT – Pannekoekbak
31 Oktober: Emily Hobhouse – Wegneemeteverkoping
31 Oktober: Machteld Postmus Kompleks – Jakarandajubel
1 November: Seniorstuis Dienssentrum – Kersmark
2 November: Piet Potgieter – Brille en Pille Rally en Basaar
8 November: Ons Tuis – Kersfunksie
9 November: Van Rensburg Tehuis - familiedag met Fredie Nest
15 November: Machteld Postmus Kompleks – Kersete
22 November: Van Rensburg Tehuis - Kerssangdiens met Jan de Wet
23 November: Louis Trichardt - Kersete
26 November: Emily Hobhouse – 30 jaar oud
4 Desember: AMOT – Kersete vir inwoners