Ons Tuis / Monumenttehuise

Wenslysie vir arbeidsterapie

Geagte leser

Ek word soms genader om idees te gee vir skenkings. Ek gaan vanuit die standpunt dat mense baie graag wil gee of help waar hulle kan, maar nie altyd weet wat om te gee of hoe hulle kan help nie. Daarom het ek ‘n "wenslysie" opgestel vir diegene wat idees nodig het. Die lysie varieer van goedkoop items tot duurder items. Indien u belangstel, is daar ietsie op die lys wat elkeen se sak kan pas! BAIE dankie!

  1. Mikrogolfoond
  2. "Klein" of halwe yskassie (om bestanddele te bêre vir ons bakgroep bv versiersuiker en botter en melk)
  3. Baie dringend!! "Chunky" en "double knit" wol (so sag moontlik want ons brei vir babas en minderbevoorregte kinders)
  4. Guillotine
  5. Boeke met blokkiesraaisels in groot druk of "aktiwiteitsboeke" met allerhande woordspeletjies, ‘n groot behoefte
  6. Tapisserie (ons het ‘n dame wat half-klaar tapisseries met graagte klaarmaak!)
  7. Mosaïekteëltjies
  8. Potjies vir potplante
  9. Veerpyltjiestel met veral ekstra veerpyltjies
  10. Plastiek tafeldoeke (waarop ons kan werk in aktw kamer – vir ronde tafels en gereelde gebruik)
  11. Voorskote (wanneer ons regtig lekker bak of mors!)
  12. Pakke sjokoladetjies vir Bingo pryse (bv. "kit-kat singles")
  13. Snoekertafel
  14. Warm sjokolade ("hot chocolate") (ons kyk graag fliek en dit sal so lekker wees in die winter of koue dae!)
  15. Mikrogolf springmieliepakkies
  16. Groot-druk leesboeke
  17. Bordspeletjies (bv uno/domino/dambord)
  18. DVD's (veral onderwerpe soos die natuur of voëls of diere van bv National Geographic of bv opvoedkundige programme oor troeteldiere)
  19. Bakgereedskap, naamlik
  • Broodpannetjies
  • Houtlepels
  • Maatbeker
  • Maatlepels
  • Mengbakke
  • Kolwyntjie "paper cups"

Groot dank aan almal wat sulke oop harte openbaar en altyd so graag wil help.

Minette Siebert
(Arbeidsterapeut)

Gedagte vir die maand

"Die natuur is die altyd wisselende veelkleurige kleed van God" (Johann Wolfgang von Goethe)

Wenslysie

Ons Tuis benodig lugversorgers vir die Alzheimer-afdeling. Skenkings en donasies sal waardeer word.

Van Rensburg Tehuis benodig die volgende vir hul arbeidsterapiesessies:

  • Musiekinstrumente (dromme, klokkies, maraka's, tamboryn)
  • Sagte lekkers, suigstokkies, sjokolade, ens vir pryse
  • Wol, "chunky" en "double knit"
  • DVD's oor die natuur, diere, ens.
  • Standaard kragopwekker

Amot benodig:

  • Fotostaatpapier
  • Huisplante
  • Sitkamerstel
  • Stortjel
  • Skryfbehoeftes
  • Lakens
  • Komberse
  • Dekens
  • Handdoeke
  • Gordyne
  • Kantgordyne
  • Hospitaalbedmatrasse

Louis Trichardt Tehuis benodig:

  • Industriële tuimeldroër
  • Matwasser
  • Industriële skoonmaaktrollies met mops
  • Herstelwerk aan gordyne
  • Sitkamerstel
  • Enkelbedmatrasse
  • Biblioteekboekrak
  • Hulp met fondsinsamelingsprojekte
  • Toiletware, lekkers, "luukshede" om by verjaardagpakkies te voeg
  • Vrywilligers

Belangrike datums

Junie
2   – Amot: Pannekoek
8   − Emily Hobhouse: Wintertee Tooi Turkoois
11 – Amot: Vadersdagete
18 – Van Rensburg: Vadersdag

Julie
7   – Amot: Sop en sjerie, Kaas en wyn
29 – Louis Trichardt: Kersfees in Julie

September
1   – Amot: Lentedag. Blommetjies en bytjies
9   – Louis Trichardt: Lentetee
13 – Amot: Breekommitee
15 – Amot: Pannekoek
20 − Emily Hobhouse: Uitstappie

Oktober
1   – Amot: Nasionale dag vir bejaardes bederf
7   − Emily Hobhouse: Speelgoed kompetisie
12 − Emily Hobhouse: Lentebraai
24 – Van Rensburg: Lentedag
28 – Amot: Personeelafsluiting Golf Estate

November
4   – Piet Potgieter: Brille & Pille Bikers Ralley en Bazaar
18 – Amot: Ouer kind dag met kunstenaar
23 – Louis Trichardt: Kersete
29 − Emily Hobhouse: Kersprogram (Dienssentrum)
Nov – Van Rensburg: Jaareindfunksie

Desember
1−15 Des – Piet Potgieter: Kersliggie Fees
6   – Amot: Kersete
28 − Emily Hobhouse: Oujaarsbraai
30 – Amot: Braaivleis