Ons Tuis / Monumenttehuise

Emily Hobhouse fasiliteite

Behuising word aan bejaardes verskaf en behels woonstelbewoning en  kamer-fasiliteite, wat 2 etes (ontbyt en middagete) insluit.

Emily Hobhouse Behuisingskompleks bestaan uit die volgende:  'n Mooi ses verdieping gebou met kamerfasiliteite en gedeelde geriewe, asook woonstelle voor en agter die gebou. "Groot Emily" bestaan uit 26 kamers en die nuwe byvoeging is 6 luukse kamers elk met eie kombuis en stortgeriewe.  Kismet woonregwoonstelle is ook op die perseel.

Die volgende fasiliteite is beskikbaar:

  • Ontbyt en middagete. Aandetes word deur die inwoners self voorsien in gemeenskaplike kombuise
  • Wasserydienste
  • Kamerskoonmaakdienste is op aanvraag beskikbaar
  • Vervoer is elke Vrydag en Dinsdag beskikbaar na 'n winkelsentrum vir inkopies
  • Besoek deur 'n privaatgeneesheer, indien nodig
  • Elke Maandag is biblioteekdag, waar daar na hartelus boeke uitgeneem kan word
  • Vir die bejaarde se gerief kom 'n privaatpersoon vars vrugte en groente verkoop
  • Die snoepwinkel is op gereelde tye oop waar vars brood en melk beskikbaar is
  • 'n Haarsalon is op die perseel
  • Kliniekdienste is beskikbaar vir die volgende: bloeddruk neem, voetversorging en bedwasse indien nodig
  • Emily Hobhouse Dienssentrum is op die terrein geleë met dienslewering aan die bejaardes in die gemeenskap, asook aan alle inwoners op die terrein. Daar vind gereeld uitstappies plaas. Vermaak en 'n kunstenaar word ook gereël
  • 'n Arbeidsterapeut is op Donderdae beskikbaar.

Op die terrein van Emily Hobhouse is daar ook:

Huur -en Woonregwoonstel is beskikbaar in een –en tweeslaapkamers. Huurwoonstelle bestaan uit eenslaapkamer eenhede en enkelwoonstelle.

  • Woonregwoonstelle se grootte wissel tussen 56 en 81 vkm²
  • Ondersteunende dienste soos etes en vervoer word aangebied
  • Sosiale en ontspanningsprogramme word deur die Dienssentrum, wat op dieselfde terrein geleë is, aangebied.

emily geboueemily geboue 1

emily geboue 5emily geboue 11

emily geboue 13emily geboue 14

emily geboue 15emily geboue 17

emily geboue 18emily geboue 27

emily geboue 31kismet 2

kismet 3kismet 4

kismet 14kismet 15

kismet 16kismet 18

kismet 19

Gedagte vir die maand

"Die natuur is die altyd wisselende veelkleurige kleed van God" (Johann Wolfgang von Goethe)

Wenslysie

Ons Tuis benodig lugversorgers vir die Alzheimer-afdeling. Skenkings en donasies sal waardeer word.

Van Rensburg Tehuis benodig die volgende vir hul arbeidsterapiesessies:

  • Musiekinstrumente (dromme, klokkies, maraka's, tamboryn)
  • Sagte lekkers, suigstokkies, sjokolade, ens vir pryse
  • Wol, "chunky" en "double knit"
  • DVD's oor die natuur, diere, ens.
  • Standaard kragopwekker

Amot benodig:

  • Fotostaatpapier
  • Huisplante
  • Sitkamerstel
  • Stortjel
  • Skryfbehoeftes
  • Lakens
  • Komberse
  • Dekens
  • Handdoeke
  • Gordyne
  • Kantgordyne
  • Hospitaalbedmatrasse

Louis Trichardt Tehuis benodig:

  • Industriële tuimeldroër
  • Matwasser
  • Industriële skoonmaaktrollies met mops
  • Herstelwerk aan gordyne
  • Sitkamerstel
  • Enkelbedmatrasse
  • Biblioteekboekrak
  • Hulp met fondsinsamelingsprojekte
  • Toiletware, lekkers, "luukshede" om by verjaardagpakkies te voeg
  • Vrywilligers

Belangrike datums

Junie
2   – Amot: Pannekoek
8   − Emily Hobhouse: Wintertee Tooi Turkoois
11 – Amot: Vadersdagete
18 – Van Rensburg: Vadersdag

Julie
7   – Amot: Sop en sjerie, Kaas en wyn
29 – Louis Trichardt: Kersfees in Julie

September
1   – Amot: Lentedag. Blommetjies en bytjies
9   – Louis Trichardt: Lentetee
13 – Amot: Breekommitee
15 – Amot: Pannekoek
20 − Emily Hobhouse: Uitstappie

Oktober
1   – Amot: Nasionale dag vir bejaardes bederf
7   − Emily Hobhouse: Speelgoed kompetisie
12 − Emily Hobhouse: Lentebraai
24 – Van Rensburg: Lentedag
28 – Amot: Personeelafsluiting Golf Estate

November
4   – Piet Potgieter: Brille & Pille Bikers Ralley en Bazaar
18 – Amot: Ouer kind dag met kunstenaar
23 – Louis Trichardt: Kersete
29 − Emily Hobhouse: Kersprogram (Dienssentrum)
Nov – Van Rensburg: Jaareindfunksie

Desember
1−15 Des – Piet Potgieter: Kersliggie Fees
6   – Amot: Kersete
28 − Emily Hobhouse: Oujaarsbraai
30 – Amot: Braaivleis