Ons Tuis / Monumenttehuise

Logo met slogan


Monument tehuis logo

Wat is 'n beroerte?

Die eenvoudigste manier om 'n beroerte te omskryf is dat dit die skielike verlies van funksionering van die brein in 'n spesifieke area is. Dit kan gebeur as gevolg van breinbloeding of die verlies van bloedsomloop weens 'n serebrale embolisme.

Gevolge van beroerte

Die verlies van funksie van die brein kan tydelik of permanent van aard wees en kan verlamming van ledemate of verlies van spraak of sig veroorsaak. Die funksieverlies kan ook slegs aan een kant van die liggaam plaasvind. In erge gevalle kan dit permanente neurologiese skade tot gevolg hê en ook lewensverlies.

Tekens van beroerte

Die mees tipiese simptome van 'n beroerte is 'n gevoel van verlamming van ledemate of gesigspiere en abnormale spraak. Persone wat al 'n beroerte gehad het, het gemeld dat dit binne sekondes skielik gebeur het en dat hulle geen pyn gevoel het nie.

Het ek 'n verhoogde risiko vir beroerte?

Indien jy die volgende siektetoestande het, is daar 'n verhoogde risiko:

  • Suikersiekte
    Hoë cholesterol
    Hoë bloeddruk, en
    as jy rook.

Wat is rehabilitasie?

Rehabilitasiesentrums word saamgestel deur multidissiplinêre spanne wat verskillende vaardighede bymekaar bring om die pasiënt wat 'n beroerte gehad het, by te staan met beweging, spraak, voeding, aantrek en algemene mobiliteit. Hierdie span sluit verpleegkundiges, arbeidsterapeute, spraakterapeute en sielkundiges in, sowel as 'n dokter wat opgelei is in rehabilitasie.

Sentrums wat rehabilitasiedienste vir beroertepasiënte aanbied, het die volgende ten doel:

  1. Dat pasiënte sover moontlik weer 'n normale lewe kan lei deur vaardighede van daaglikse funksionering te herwin en/of weer aan te leer
  2. Dat die pasiënt die uitdagings moet verstaan en daarby aanpas. Dit kan byvoorbeeld wees om gesonde eetgewoontes aan te leer, soos die uitskakel van sout, vette en suiker
  3. Om die familie te leer om 'n ondersteunende rol te speel
  4. Om na die sielkundige en emosionele aspekte om te sien.

Waar kan ek aanklop vir hulp?

Die Hart-en-Beroerte Stigting van Suid-Afrika kan gekontak word vir inligting oor 'n ondersteuningsgroep of rehabilitasiesentrum in 'n spesifieke omgewing. Die telefoonnommer is 021 422 1586 en die eposadres is Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Verwysing

Stroke Support (www.heartfoundation.co.za/stroke-support)

Gedagte vir die maand

"Die natuur is die altyd wisselende veelkleurige kleed van God" (Johann Wolfgang von Goethe)

Wenslysie

Ons Tuis benodig lugversorgers vir die Alzheimer-afdeling. Skenkings en donasies sal waardeer word.

Van Rensburg Tehuis benodig die volgende vir hul arbeidsterapiesessies:

  • Musiekinstrumente (dromme, klokkies, maraka's, tamboryn)
  • Sagte lekkers, suigstokkies, sjokolade, ens vir pryse
  • Wol, "chunky" en "double knit"
  • DVD's oor die natuur, diere, ens.
  • Standaard kragopwekker

Amot benodig:

  • Fotostaatpapier
  • Huisplante
  • Sitkamerstel
  • Stortjel
  • Skryfbehoeftes
  • Lakens
  • Komberse
  • Dekens
  • Handdoeke
  • Gordyne
  • Kantgordyne
  • Hospitaalbedmatrasse

Louis Trichardt Tehuis benodig:

  • Industriële tuimeldroër
  • Matwasser
  • Industriële skoonmaaktrollies met mops
  • Herstelwerk aan gordyne
  • Sitkamerstel
  • Enkelbedmatrasse
  • Biblioteekboekrak
  • Hulp met fondsinsamelingsprojekte
  • Toiletware, lekkers, "luukshede" om by verjaardagpakkies te voeg
  • Vrywilligers

Belangrike datums

Junie
2   – Amot: Pannekoek
8   − Emily Hobhouse: Wintertee Tooi Turkoois
11 – Amot: Vadersdagete
18 – Van Rensburg: Vadersdag

Julie
7   – Amot: Sop en sjerie, Kaas en wyn
29 – Louis Trichardt: Kersfees in Julie

September
1   – Amot: Lentedag. Blommetjies en bytjies
9   – Louis Trichardt: Lentetee
13 – Amot: Breekommitee
15 – Amot: Pannekoek
20 − Emily Hobhouse: Uitstappie

Oktober
1   – Amot: Nasionale dag vir bejaardes bederf
7   − Emily Hobhouse: Speelgoed kompetisie
12 − Emily Hobhouse: Lentebraai
24 – Van Rensburg: Lentedag
28 – Amot: Personeelafsluiting Golf Estate

November
4   – Piet Potgieter: Brille & Pille Bikers Ralley en Bazaar
18 – Amot: Ouer kind dag met kunstenaar
23 – Louis Trichardt: Kersete
29 − Emily Hobhouse: Kersprogram (Dienssentrum)
Nov – Van Rensburg: Jaareindfunksie

Desember
1−15 Des – Piet Potgieter: Kersliggie Fees
6   – Amot: Kersete
28 − Emily Hobhouse: Oujaarsbraai
30 – Amot: Braaivleis