Ons Tuis / Monumenttehuise

Logo met slogan


Monument tehuis logo

Ons groet vir Rensie van Tonder

Matrone van Tonder1Rensie van Tonder, of soos sy bekend staan matrone Van Tonder, het haar hart, tyd en liefde afgestaan aan die bejaardes en ook die gemeenskap. Sy het reeds vyf jaar gelede by Van Rensburg Tehuis afgetree maar toe sy versoek is om langer aan te bly, het sy nie geskroom om nog betrokke te wees nie. Sy het hart en siel in die tehuis gesit en talle projekte onder haar leiding bestuur.

  • Die kleuterskool was naby haar hart en personeel vertel dat sy soms gaan help het om die kleuters te voer omdat hulle nie groente geken het nie. Dan het sy met groente besmeerde klere rustig haar bestuurstaak voortgesit.
  • Rensie het groot deernis vir Alzheimerpasiënte gehad en het sy die arbeidsterapieprogram in die lewe geroep.
  • Met dieselfde deernis wat sy elke inwoner met waardigheid en respek hanteer het, het sy ook haar eie ma by die tehuis laat versorg.
  • Die gemeenskap van Danville het Rensie geken en geweet "as ek honger is, kan ek net by haar gaan aanklop" − sy sou nooit persone jonk of oud wegstuur sonder dat sy weet hy of sy het 'n bord kos of kospakkie in die hand nie.

Sy het twee kinders, Lizl (dogter) en Corne (seun) en is ouma van vier kleinkinders. Op die ouderdom van 70 jaar en na 37 jaar diens het sy besluit om ook haar aftrede te begin geniet. Ons neem met hartseer afskeid van ‘n formidabele vrou, matrone Rensie van Tonder, op 28 September 2016.

Haar opvolger is mev Celesté Visser en sy gee te kenne dat sy vir hierdie uitdaging kans sien. Welkom by die OTMT familie Celesté. Ons hoop jy sal nog vir baie jare ook jou hart en siel uitleef by hierdie besonderse tehuis genaamd Van Rensburg.

Matrone Celeste Visser1

Matrone Celeste Visser

Gedagte vir die maand

"Die natuur is die altyd wisselende veelkleurige kleed van God" (Johann Wolfgang von Goethe)

Wenslysie

Ons Tuis benodig lugversorgers vir die Alzheimer-afdeling. Skenkings en donasies sal waardeer word.

Van Rensburg Tehuis benodig die volgende vir hul arbeidsterapiesessies:

  • Musiekinstrumente (dromme, klokkies, maraka's, tamboryn)
  • Sagte lekkers, suigstokkies, sjokolade, ens vir pryse
  • Wol, "chunky" en "double knit"
  • DVD's oor die natuur, diere, ens.
  • Standaard kragopwekker

Amot benodig:

  • Fotostaatpapier
  • Huisplante
  • Sitkamerstel
  • Stortjel
  • Skryfbehoeftes
  • Lakens
  • Komberse
  • Dekens
  • Handdoeke
  • Gordyne
  • Kantgordyne
  • Hospitaalbedmatrasse

Louis Trichardt Tehuis benodig:

  • Industriële tuimeldroër
  • Matwasser
  • Industriële skoonmaaktrollies met mops
  • Herstelwerk aan gordyne
  • Sitkamerstel
  • Enkelbedmatrasse
  • Biblioteekboekrak
  • Hulp met fondsinsamelingsprojekte
  • Toiletware, lekkers, "luukshede" om by verjaardagpakkies te voeg
  • Vrywilligers

Belangrike datums

Junie
2   – Amot: Pannekoek
8   − Emily Hobhouse: Wintertee Tooi Turkoois
11 – Amot: Vadersdagete
18 – Van Rensburg: Vadersdag

Julie
7   – Amot: Sop en sjerie, Kaas en wyn
29 – Louis Trichardt: Kersfees in Julie

September
1   – Amot: Lentedag. Blommetjies en bytjies
9   – Louis Trichardt: Lentetee
13 – Amot: Breekommitee
15 – Amot: Pannekoek
20 − Emily Hobhouse: Uitstappie

Oktober
1   – Amot: Nasionale dag vir bejaardes bederf
7   − Emily Hobhouse: Speelgoed kompetisie
12 − Emily Hobhouse: Lentebraai
24 – Van Rensburg: Lentedag
28 – Amot: Personeelafsluiting Golf Estate

November
4   – Piet Potgieter: Brille & Pille Bikers Ralley en Bazaar
18 – Amot: Ouer kind dag met kunstenaar
23 – Louis Trichardt: Kersete
29 − Emily Hobhouse: Kersprogram (Dienssentrum)
Nov – Van Rensburg: Jaareindfunksie

Desember
1−15 Des – Piet Potgieter: Kersliggie Fees
6   – Amot: Kersete
28 − Emily Hobhouse: Oujaarsbraai
30 – Amot: Braaivleis