Ons Tuis / Monumenttehuise

Logo met slogan


Monument tehuis logo

60 jaar Louis Trichardt Tehuis vir Bejaardes

Louis Trichardt Behuisingsentrum se gedenkplaat is op 20 Maart 1957 onthul en het onlangs sy 60-jarige bestaan gevier.

Die verkeer is al reeds druk besig teen 9 uur op 'n koel Saterdag herfsoggend. Die gemoedere loop hoog soos wat ander padgebruikers 'n mens se geduld op die proef stel. Anderkant die Daspoort tonnel draai ek regs af oppad na Louis Trichardt Behuisingsentrum. Deur die stil straatjies van Danville oorval die stilte en kalmte my onbewustelik. My gedagtes word weer terug geneem na die dag se verrigting. Louis Trichardt Behuisingsentrum vier hulle 60-jarige bestaan waarvan die gedenkplaat op 20 Maart 1957 onthul was.

By aankoms is al die inwoners opgetooi vir die geleentheid en sing heerlik saam uit volle bors tydens die voorsang van "ou" Afrikaanse volksliedere soos "Jan Pierrewiet", "My Sarie Marais" en nog vele ander.LTT 60a

Onder die gaste wat die verrigting bygewoon het is die destydse direkteur van bejaardesorg en haar eggenote, mev Kotie Viljoen, die vorige voorsitter van die Monumenttehuise direksie, mev Marita Fourie en haar eggenoot, mev Sannie Duvenage, die vorige huisbestuurvoorsitter, en ds Dries Beukes en sy eggenoot namens die Ons Tuis en Monumenttehuise Groep. Mevv Cariena Bester en Marie Hunter, vorige bestuurders van Louis Trichardt het tot groot opgewondheid van die inwoners ook die fees bygewoon.

Die verrigtinge word op gepaste wyse geopen met skriflesing en gebed deur ds Herman van den Berg. Hy verwys na die Israeliete wat ook soos ons vandag nog die diens van barmhartigheid verrig. Hy meld hoe die tehuis ontstaan het deur 'n groep mense wat geglo het in dit wat hulle doen en vir wie hulle dit gaan doen. Daardie jare het hulle by die Vootrekkermonument kos en eetgoed verkoop om sodoende fondse te bekom vir die bou van die hierdie tehuis.

Die voorsitter van Louis Trichardt, mev Isme Gates, spreek die gaste toe en haal staaltjies aan oor die ryk geskiedenis van Louis Trichardt tehuis. Een van die staaltjies wat sy noem was dat Louis Trichardt, die ou voortrekker leier van 1938, se agterkleinkind een van die eerste inwoners van die tehuis was  wat in 1958 ingetrek het. Hy is ook in dieselfde tehuis in 1964 oorlede.LTT 60b

Na al die toesprake was die bestuur aangenaam verras toe 'n inwoner namens die inwoners ‘n kontantbedrag van R7867.50 aan ds Dries Beukes (waarnemende bestuurder van Ons Tuis en Monumentehuise) oorhandig het. Die inwoners het op eie inisiatief vir hierdie geleentheid geld bymekaar gemaak ongeag hulle eie finansiële vermoëns.

Die huisbestuur sowel as bestuurder van Louis Trichardt, mev Gail Schultz, het op 'n gepaste wyse van hierdie fees viering 'n groot geleentheid en sukses gemaak.

Baie geluk Louis Trichardt tehuis!

Gedagte vir die maand

"Die natuur is die altyd wisselende veelkleurige kleed van God" (Johann Wolfgang von Goethe)

Wenslysie

Ons Tuis benodig lugversorgers vir die Alzheimer-afdeling. Skenkings en donasies sal waardeer word.

Van Rensburg Tehuis benodig die volgende vir hul arbeidsterapiesessies:

  • Musiekinstrumente (dromme, klokkies, maraka's, tamboryn)
  • Sagte lekkers, suigstokkies, sjokolade, ens vir pryse
  • Wol, "chunky" en "double knit"
  • DVD's oor die natuur, diere, ens.
  • Standaard kragopwekker

Amot benodig:

  • Fotostaatpapier
  • Huisplante
  • Sitkamerstel
  • Stortjel
  • Skryfbehoeftes
  • Lakens
  • Komberse
  • Dekens
  • Handdoeke
  • Gordyne
  • Kantgordyne
  • Hospitaalbedmatrasse

Louis Trichardt Tehuis benodig:

  • Industriële tuimeldroër
  • Matwasser
  • Industriële skoonmaaktrollies met mops
  • Herstelwerk aan gordyne
  • Sitkamerstel
  • Enkelbedmatrasse
  • Biblioteekboekrak
  • Hulp met fondsinsamelingsprojekte
  • Toiletware, lekkers, "luukshede" om by verjaardagpakkies te voeg
  • Vrywilligers

Belangrike datums

Junie
2   – Amot: Pannekoek
8   − Emily Hobhouse: Wintertee Tooi Turkoois
11 – Amot: Vadersdagete
18 – Van Rensburg: Vadersdag

Julie
7   – Amot: Sop en sjerie, Kaas en wyn
29 – Louis Trichardt: Kersfees in Julie

September
1   – Amot: Lentedag. Blommetjies en bytjies
9   – Louis Trichardt: Lentetee
13 – Amot: Breekommitee
15 – Amot: Pannekoek
20 − Emily Hobhouse: Uitstappie

Oktober
1   – Amot: Nasionale dag vir bejaardes bederf
7   − Emily Hobhouse: Speelgoed kompetisie
12 − Emily Hobhouse: Lentebraai
24 – Van Rensburg: Lentedag
28 – Amot: Personeelafsluiting Golf Estate

November
4   – Piet Potgieter: Brille & Pille Bikers Ralley en Bazaar
18 – Amot: Ouer kind dag met kunstenaar
23 – Louis Trichardt: Kersete
29 − Emily Hobhouse: Kersprogram (Dienssentrum)
Nov – Van Rensburg: Jaareindfunksie

Desember
1−15 Des – Piet Potgieter: Kersliggie Fees
6   – Amot: Kersete
28 − Emily Hobhouse: Oujaarsbraai
30 – Amot: Braaivleis