Ons Tuis / Monumenttehuise

Logo met slogan


Monument tehuis logo

2017 se Tooi Turkoois vir Bejaardes

Turquoise lint sonder woordeTooi Turkoois vir Bejaardes vind weer hierdie jaar plaas van 15 Mei tot 15 Junie. Deur 'n turkoois bewustheidstrikkie of turkoois klere te dra, wys mense dat hulle omgee vir die ouer persone in hul omgewing.

Waarom die veldtog?

Daar is tans, en in die nabye toekoms nog veel meer bejaardes in ons land as ooit tevore. Baie mense se lewens is so gejaagd dat hulle nie meer die nood en behoeftes van ouer persone raaksien nie, en so word hulle die “onsigbares” in ons midde. Hierdie veldtog is daarop gemik om mense weer bewus te maak van die bejaardes in hul eie omgewing. Die uiteindelike doel van die veldtog is 'n beter lewe vir die ouer persone van ons land deur groter veiligheid, respekvolle hantering, asook liefdevolle versorging van hierdie kwesbare deel van die samelewing wat dikwels misgekyk of geïgnoreer word.

Waarom turkoois?

Turkoois gee 'n gevoel van rustigheid, medemenslikheid, bepeinsing, liefde en heling. Dit is dus die ideale kleur vir 'n veldtog wat met bejaardes te doen het.

Waarom die datums?

Die veldtog begin op 15 Mei, dit is Internasionale Familiedag, en duur tot 15 Junie, Wêreldbewustheidsdag oor die Mishandeling van Bejaardes. Altwee hierdie datums hou spesiale betekenis vir bejaardes in.

Wie baat daarby?

Alle bejaardes in die land, ongeag waar hulle woon, sal baat vind by groter bewustheid onder Suid-Afrikaners.

Hoe word die veldtog gevoer?

Deelnemers aan die veldtog gebruik hul inisiatief en doen enigiets wat die kleur turkoois met bejaardes in verband bring, asook enigiets wat die situasie en nood van bejaardes onder die publiek se aandag bring.
Hier is 'n paar idees, maar deelnemers word aangemoedig om hul eie idees te gebruik:

  • Dra turkoois klere, spelt 'n turkoois strikkie aan en versier jou tehuis, straat of woonplek met turkoois items.
  • Reël 'n teken- of inkleurkompetisie vir laerskoolkinders.
  • Kry 'n glanspersoon om te help om turkooislappe om bome in die hoofstraat te draai nadat besighede die lappe geborg het. Nooi die media uit na die geleentheid.
  • Hou 'n oggendtee, konsert of ‘n modeparade met turkoois as 'n tema.
  • Onderhandel met ‘n inkopiesentrum om die hele sentrum vir die duur van die veldtog in turkoois te tooi.
  • Sirkuleer ‘n belofteboek waarin lede van die gemeenskap kan skryf hoe hulle die lewe vir bejaardes makliker en/of beter gaan maak.
  • Versoek besighede, kerke, sportklubs, individue, ens om deel te neem en fondse te skenk vir die aankoop van turkoois items om die omgewing mee te versier.
  • Betrek die hoërskoolkinders van die omgewing om te help om lappe aan te bring by ouetehuise en aftreeoorde en om dit weer te verwyder na afloop van die veldtog.

Wat moet deelnemende organisasies of individue doen?

  • Verkry toestemming van plaaslike strukture soos stadsrade om strate met turkoois te versier.
  • Bestel, verkoop en versprei turkoois lappe en strikkies (en reël vir die sny en maak daarvan waar nodig) ten bate van die bejaardes in jou omgewing.
  • Lig die plaaslike media in oor die veldtog (voorbeelde van mediavrystellings is beskikbaar).
  • Waar moontlik, werk saam met ander organisasies in jou omgewing om die grootste moontlike voordeel vir die bejaardes te verseker.
  • Help en mobiliseer die plaaslike gemeenskap om aktiwiteite te reël, verkope van turkoois items te doen en die omgewing met turkoois te versier.
  • Gee soveel moontlik inligting oor bejaardes, hulle omstandighede en behoeftes aan lede van die gemeenskap.
  • Gee terugvoer aan jou eie gemeenskap oor die sukses van die veldtog.

Vir meer inligting

Besoek gerus die webwerf by www.goturquoise.co.za of kontak vir Magda van Deventer, 082 579 6966, Elna Erasmus, 083 443 9373, Elmien Botha, 084 840 0687 of Piet van Waveren, 083 263 3326.

Eposadres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Geldelike bydraes word waardeer. Vir kontantskenkings van R20, sms "Turkoois" plus jou naam na 40156.

Hierdie projek word ondersteun deur Plesion NPC.


(Kontak ons asb by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. as u hierdie dokument in Engels verlang.)

Gedagte vir die maand

"Die natuur is die altyd wisselende veelkleurige kleed van God" (Johann Wolfgang von Goethe)

Wenslysie

Ons Tuis benodig lugversorgers vir die Alzheimer-afdeling. Skenkings en donasies sal waardeer word.

Van Rensburg Tehuis benodig die volgende vir hul arbeidsterapiesessies:

  • Musiekinstrumente (dromme, klokkies, maraka's, tamboryn)
  • Sagte lekkers, suigstokkies, sjokolade, ens vir pryse
  • Wol, "chunky" en "double knit"
  • DVD's oor die natuur, diere, ens.
  • Standaard kragopwekker

Amot benodig:

  • Fotostaatpapier
  • Huisplante
  • Sitkamerstel
  • Stortjel
  • Skryfbehoeftes
  • Lakens
  • Komberse
  • Dekens
  • Handdoeke
  • Gordyne
  • Kantgordyne
  • Hospitaalbedmatrasse

Louis Trichardt Tehuis benodig:

  • Industriële tuimeldroër
  • Matwasser
  • Industriële skoonmaaktrollies met mops
  • Herstelwerk aan gordyne
  • Sitkamerstel
  • Enkelbedmatrasse
  • Biblioteekboekrak
  • Hulp met fondsinsamelingsprojekte
  • Toiletware, lekkers, "luukshede" om by verjaardagpakkies te voeg
  • Vrywilligers

Belangrike datums

Junie
2   – Amot: Pannekoek
8   − Emily Hobhouse: Wintertee Tooi Turkoois
11 – Amot: Vadersdagete
18 – Van Rensburg: Vadersdag

Julie
7   – Amot: Sop en sjerie, Kaas en wyn
29 – Louis Trichardt: Kersfees in Julie

September
1   – Amot: Lentedag. Blommetjies en bytjies
9   – Louis Trichardt: Lentetee
13 – Amot: Breekommitee
15 – Amot: Pannekoek
20 − Emily Hobhouse: Uitstappie

Oktober
1   – Amot: Nasionale dag vir bejaardes bederf
7   − Emily Hobhouse: Speelgoed kompetisie
12 − Emily Hobhouse: Lentebraai
24 – Van Rensburg: Lentedag
28 – Amot: Personeelafsluiting Golf Estate

November
4   – Piet Potgieter: Brille & Pille Bikers Ralley en Bazaar
18 – Amot: Ouer kind dag met kunstenaar
23 – Louis Trichardt: Kersete
29 − Emily Hobhouse: Kersprogram (Dienssentrum)
Nov – Van Rensburg: Jaareindfunksie

Desember
1−15 Des – Piet Potgieter: Kersliggie Fees
6   – Amot: Kersete
28 − Emily Hobhouse: Oujaarsbraai
30 – Amot: Braaivleis