| Ons Tuis Riviera |
|
Kersfees-pret saam met die Tshwane Polisie Orkes!
Ons Tuis het 'n heerlike oggend beleef saam met die orkes wat alles van Jingle Bells tot Stille Nag vir ons op 'n meesterlike manier gespeel het! Die saal was propvol en die aandag 100% gevestig op die pragtige verwerkings deur'n meesterlike orkes … daar het nie 'n muis geroer nie!
Dit is die orkes se tweede optrede by ons en ons hoop om hulle volgende jaar terug te hê wanneer dit dan ook hulle 100ste verjaarsdag sal wees. Aan al die Polisie Orkeslede – julle is besonders en mag die pragtige verhouding tussen ons bly voortbestaan! |

Wie sou kon raai dat die Polisie sulke grapmakers kan wees EN dan nog 'n noot of twee kan uitkry wat jou asem wegslaan?
Groot dank aan die orkeslede met hulle besondere harte wat nie net vir ons kom musiek speel het nie, maar regtig interaksie en belangstelling getoon het in ons inwoners. Dit was so 'n voorreg om te sien hoe die orkes skoon aangedaan geraak het toe Ons Tuis se inwoners vir hulle 'n gebed sing as dankie en seënwense aan die einde van die optrede.