Ons Tuis / Monumenttehuise

Machteld Postmus

Wie is ons?

Machteld Postmus Kompleks is deel van die Ons Tuis groep wat oorhoofs deur die Direksie as 'n Artikel 21-maatskappy bestuur en beheer word. Die Kompleks is baie sentraal in die voorstad Brooklyn, Pretoria geleë en is naby bekende winkelsentrums soos Brooklyn, Hillcrest en Menlyn.riekie boshoffsaalweb

Die Kompleks bied behuising aan 85 selfversorgde inwoners op 'n huur- en woonregbasis. Wanneer inwoners weens verswaktheid of siektetoestand nie meer selfstandig kan funksioneer nie, word hulle na die Ons Tuis versorgingsoord in Riviera of na 'n versorgingsoord van hulle keuse oorgeplaas.

Fasiliteite

Die Kompleks beskik oor die volgende fasiliteite:

  • Frans Boshoff met 21 woonreg woonstelle.
  • Johannes Postmus met 30 woonstelle, wat voorsiening maak vir huur en woonreg woonstelle.
  • Huis Mackintosh met 3 huur woonstelle.
  • Riekie Boshoff met 4 enkel kamers, gemeenskaplike kombuisie en twee badkamers.
  • Riekie Boshoff beskik verder oor ‘n ruim saal en eetsaal toegerus met ‘n netjiese kombuis waar sosiale funksies en etes aangebied word.
  • Machteld Postmus het 10 woonreg eenhede.
  • 'n Groot lapa bied die geleentheid om buitelug-aktiwiteite aan te bied en vir inwoners om familie en gaste te onthaal.
  • Afdakke en motorhuise.


Bestuur

Die huidige bestuur van die Kompleks is:

Mev Magda van Deventer (Voorsitter)
Mev Rozelda Nel (Sekretaris)

Dr Sanrie de Beer
Mev Alda Young
Mev Dalena Siglé


Ampshalwe: Bestuurder OTMT, mnr Johan van Huyssteen, en Bestuurder MPK, mev Jo-Marie Haarhoff

Veiligheid

Die bestuur van die Kompleks is voortdurend daarop ingestel om sekuriteitsmaatreëls te verbeter en hierdie proses word deurgaans gemonitor en aangepas. Wagte is 24 uur aan diens en patroleer die terrein terwyl ‘n ge-elektrifiseerde heinig en waakkameras vir verdere veiligheid sorg.

Om ons te kontak, skakel 012 346 2418.

Gedagte vir die maand

"Die natuur is die altyd wisselende veelkleurige kleed van God" (Johann Wolfgang von Goethe)

Wenslysie

Ons Tuis benodig lugversorgers vir die Alzheimer-afdeling. Skenkings en donasies sal waardeer word.

Van Rensburg Tehuis benodig die volgende vir hul arbeidsterapiesessies:

  • Musiekinstrumente (dromme, klokkies, maraka's, tamboryn)
  • Sagte lekkers, suigstokkies, sjokolade, ens vir pryse
  • Wol, "chunky" en "double knit"
  • DVD's oor die natuur, diere, ens.
  • Standaard kragopwekker

Amot benodig:

  • Fotostaatpapier
  • Huisplante
  • Sitkamerstel
  • Stortjel
  • Skryfbehoeftes
  • Lakens
  • Komberse
  • Dekens
  • Handdoeke
  • Gordyne
  • Kantgordyne
  • Hospitaalbedmatrasse

Louis Trichardt Tehuis benodig:

  • Industriële tuimeldroër
  • Matwasser
  • Industriële skoonmaaktrollies met mops
  • Herstelwerk aan gordyne
  • Sitkamerstel
  • Enkelbedmatrasse
  • Biblioteekboekrak
  • Hulp met fondsinsamelingsprojekte
  • Toiletware, lekkers, "luukshede" om by verjaardagpakkies te voeg
  • Vrywilligers

Belangrike datums

Junie
2   – Amot: Pannekoek
8   − Emily Hobhouse: Wintertee Tooi Turkoois
11 – Amot: Vadersdagete
18 – Van Rensburg: Vadersdag

Julie
7   – Amot: Sop en sjerie, Kaas en wyn
29 – Louis Trichardt: Kersfees in Julie

September
1   – Amot: Lentedag. Blommetjies en bytjies
9   – Louis Trichardt: Lentetee
13 – Amot: Breekommitee
15 – Amot: Pannekoek
20 − Emily Hobhouse: Uitstappie

Oktober
1   – Amot: Nasionale dag vir bejaardes bederf
7   − Emily Hobhouse: Speelgoed kompetisie
12 − Emily Hobhouse: Lentebraai
24 – Van Rensburg: Lentedag
28 – Amot: Personeelafsluiting Golf Estate

November
4   – Piet Potgieter: Brille & Pille Bikers Ralley en Bazaar
18 – Amot: Ouer kind dag met kunstenaar
23 – Louis Trichardt: Kersete
29 − Emily Hobhouse: Kersprogram (Dienssentrum)
Nov – Van Rensburg: Jaareindfunksie

Desember
1−15 Des – Piet Potgieter: Kersliggie Fees
6   – Amot: Kersete
28 − Emily Hobhouse: Oujaarsbraai
30 – Amot: Braaivleis