Seniorstuis Dienssentrum

Seniorstuis Dienssentrum bestaan reeds sedert 1 Augustus 1992. Die sentrum lewer ondersteunende dienste aan inwoners van die drie selfstandige behuisingskomplekse op die terrein van Ons Tuis Tehuis sowel as aan lede van die gemeenskap in die omgewing van Riviera.

Die Dienssentrum bestaan uit 'n saal, eetkamer, 'n goed toegeruste kombuis, kliniek, biblioteek asook kantore vir die personeel. Daar is ook 'n ingerigte lapa net buite die sentrum.

Die saal met 220 stoele word deur die susterkerke gebruik vir eredienste en begrafnisse.

Die saal en eetkamer beskik oor 'n baie goeie klankstelsel en oorhoofse projektor wat vir konferensies aangewend kan word.

Twee maal per jaar word die stoele uit die groot saal verwyder en omskep ons hierdie ruimte speel-speel in 'n Winter- of Kersmark. Die fondse wat deur die markte ge-in word, speel 'n kardinale rol in die voortbestaan van hierdie Dienssentrum, aangesien die Dienssentrum geen staatsubsidie ontvang nie.

seniorstuis1 seniorstuis2 seniorstuis3a

 

Gedagte vir die week


"Twee dinge is noodsaaklik vir 'n gesonde gees: die vermoë om lief te hê en die wil om te werk" (Sigmund Freud)

Wenslysie

Machteld Postmus Kompleks benodig items vir hul rommelverkoping op 3 Mei.

Van Rensburg Tehuis benodig die volgende vir hul arbeidsterapiesessies:

  • Balle van verskillende groottes vir oefening
  • Netbal-/basketbalring wat teen 'n paal vasgesit kan word
  • Gewigte/"dumbells", 1 en 2 kg
  • Musiekinstrumente (dromme, klokkies, maraka's, tamboryn)
  • Seepborrels
  • Sagte lekkers, suigstokkies, sjokolade, ens vir pryse
  • Wol, "chunky" en "double knit"
  • DVD's oor die natuur, diere, ens.
  • Boeke in groot druk
  • Aktiwiteitsboeke met woordspeletjies (verkieslik in grootdruk)

Belangrike datums

31 Mei: Emily Hobhouse – Wegneemeteverkoping
31 Mei: Seniorstuis Dienssentrum – Wintermark
4 Junie: Machteld Postmus Kompleks – Potjiekosaand
7 Junie: AMOT – Gholfdag
13 Julie: Emily Hobhouse – Sop en sjerrie
19 Julie: Machteld Postmus Kompleks – Sop en Sjerrie
9 Augustus: Emily Hobhouse – Erica Volkspelelaer
23 Augustus: Louis Trichardt – Mandjiedans
30 Augustus: Emily Hobhouse – Wegneemeteverkoping
13 September: Machteld Postmus Kompleks – Lentefees
27 September: AMOT – Jaareindfunksie en spanbou vir personeel
29 September: AMOT – Jaareindfunksie vir Admin-personeel
11 Oktober: Emily Hobhouse – Lentebraai
11–13 Oktober: AMOT – Pannekoekbak
31 Oktober: Emily Hobhouse – Wegneemeteverkoping
31 Oktober: Machteld Postmus Kompleks – Jakarandajubel
1 November: Seniorstuis Dienssentrum – Kersmark
2 November: Piet Potgieter – Brille en Pille Rally en Basaar
8 November: Ons Tuis – Kersfunksie
9 November: Van Rensburg Tehuis - familiedag met Fredie Nest
15 November: Machteld Postmus Kompleks – Kersete
22 November: Van Rensburg Tehuis - Kerssangdiens met Jan de Wet
23 November: Louis Trichardt - Kersete
26 November: Emily Hobhouse – 30 jaar oud
4 Desember: AMOT – Kersete vir inwoners