Emily Hobhouse

Behuising word aan bejaardes verskaf en behels woonstelbewoning en  kamer-fasiliteite, wat 2 etes (ontbyt en middagete) insluit.

Emily Hobhouse Behuisingskompleks bestaan uit die volgende: 'n mooi sesverdieping gebou, met woonstelle voor en agter die gebou. Dan is daar "Klein Emily" waar vyf inwoners gesellig saam woon.  "Groot Emily" bestaan ook uit 26 kamers.

 

Die volgende fasiliteite is beskikbaar:

  • Ontbyt en middagete. Aandetes word deur die inwoners self voorsien in gemeenskaplike kombuise
  • Wasserydienste
  • Kamerskoonmaakdienste is op aanvraag beskikbaar
  • Vervoer is elke Vrydag en Dinsdag beskikbaar na 'n winkelsentrum vir inkopies
  • Besoek deur 'n privaatgeneesheer, indien nodig
  • Elke Maandag is biblioteekdag, waar daar na hartelus boeke uitgeneem kan word
  • Vir die bejaarde se gerief kom 'n privaatpersoon vars vrugte en groente verkoop
  • Die snoepwinkel is op gereelde tye oop waar vars brood en melk beskikbaar is
  • 'n Haarsalon is op die perseel
  • Kliniekdienste is beskikbaar vir die volgende: bloeddruk neem, voetversorging en bedwasse indien nodig
  • Emily Hobhouse Dienssentrum is op die terrein geleë met dienslewering aan die bejaardes in die gemeenskap, asook aan alle inwoners op die terrein. Daar vind gereeld uitstappies plaas. Vermaak en 'n kunstenaar word ook gereël
  • 'n Arbeidsterapeut is op Donderdae beskikbaar.

Op die terrein van Emily Hobhouse is daar ook:

Huur -en Woonregwoonstel is beskikbaar in een –en tweeslaapkamers. Huurwoonstelle bestaan uit eenslaapkamer eenhede en enkelwoonstelle.

  • Woonregwoonstelle se grootte wissel tussen 56 en 81 vkm²
  • Ondersteunende dienste soos etes en vervoer word aangebied
  • Sosiale en ontspanningsprogramme word deur die Dienssentrum, wat op dieselfde terrein geleë is, aangebied.
 

Gedagte vir die week

"In die stryd om oorlewing gee talent die uitklophou, maar takt is die slim voetwerk" (Wilson Mizner)

Wenslysie

Van Rensburg Tehuis benodig die volgende vir hul arbeidsterapiesessies:

  • Balle van verskillende groottes vir oefening
  • Netbal-/basketbalring wat teen 'n paal vasgesit kan word
  • Gewigte/"dumbells", 1 en 2 kg
  • Musiekinstrumente (dromme, klokkies, maraka's, tamboryn)
  • Seepborrels
  • Sagte lekkers, suigstokkies, sjokolade, ens vir pryse
  • Wol, "chunky" en "double knit"
  • DVD's oor die natuur, diere, ens.
  • Boeke in groot druk
  • Aktiwiteitsboeke met woordspeletjies (verkieslik in grootdruk)

Belangrike datums

7 Junie: AMOT – Gholfdag
13 Julie: Emily Hobhouse – Sop en sjerrie
19 Julie: Machteld Postmus Kompleks – Sop en Sjerrie
9 Augustus: Emily Hobhouse – Erica Volkspelelaer
23 Augustus: Louis Trichardt – Mandjiedans
30 Augustus: Emily Hobhouse – Wegneemeteverkoping
13 September: Machteld Postmus Kompleks – Lentefees
27 September: AMOT – Jaareindfunksie en spanbou vir personeel
29 September: AMOT – Jaareindfunksie vir Admin-personeel
11 Oktober: Emily Hobhouse – Lentebraai
11–13 Oktober: AMOT – Pannekoekbak
31 Oktober: Emily Hobhouse – Wegneemeteverkoping
31 Oktober: Machteld Postmus Kompleks – Jakarandajubel
1 November: Seniorstuis Dienssentrum – Kersmark
2 November: Piet Potgieter – Brille en Pille Rally en Basaar
8 November: Ons Tuis – Kersfunksie
9 November: Van Rensburg Tehuis - familiedag met Fredie Nest
15 November: Machteld Postmus Kompleks – Kersete
22 November: Van Rensburg Tehuis - Kerssangdiens met Jan de Wet
23 November: Louis Trichardt - Kersete
26 November: Emily Hobhouse – 30 jaar oud
4 Desember: AMOT – Kersete vir inwoners