|
10 November was spesiaal Vir Louis Trichardt se inwoners was 10 Novembe 'n spesiale dag, danksy die borge Tony en Judy wat aangebied het om vir 'n jaar by die Tehuis betrokke te wees. Hulle het pakkies uitgedeel en 'n heerlike ete vir die inwoners kom bedien. Heerlike vermaak in die vorm musiek en sang het bygedra tot hierdie mooi geleentheid.

Uitstappie na Klein Paradys Avbob, Martins en Jonathan Smith het daarvoor gesorg da tons inwoners 'n sorgvrye dag by die Klein Paradys vakansieoord naby Brits kon geniet. Die borge het gesorg dan die vermaak en die kos gratis was, en die oord het die toegang gratis aangebied.



|