Ons Tuis / Monumenttehuise

Piet Potgieter

Rustige verblyf beskikbaar

Piet Potgieter Tehuis, geleë in 'n baie rustige omgewing in Potgietersrus, het 'n eenmanswoonstel te koop teen slegs R178 875.00
Hierdie eenheid is op die perseel van Piet Potgieter Tehuis waar verskeie dienste gelewer word.
Vir meer inligting kontak mev Mariana van Tonder by 015 491 6314.

Shavathon in Mokopane

Vir ons as Tehuis en aftree-oord is dit belangrik om nie net altyd vir ons self fondse in te samel nie, maar deel te bly en betrokke te wees by die groter gemeenskap van Mokopane. Ons reik graag uit na ander en hul spesifieke behoeftes. R 470 is op die dag van die 2016 Shavathon ingesamel en op Saterdag saam met die Tafelronde se gelde oorbetaal.
Op die foto's verskyn:
1 Anette Venter
2 Retha Koen en Miemie Hartman
3 Debbie van Salon le Juan met Giepie
4 Johan du Toit ( factotum ) en Mariana van Tonder saam met tannie Rina Hendricks

shaveton 1 shaveton 2 shaveton 3

shaveton 4


Welkome besoek

Ons is die naweek van 13 en 14 Junie 2015 geseën met 'n uitreikbesoek van die NH Gemeente Kempton Park Oos onder leiding van ds Anneline Geyer. Saam met haar was hier sowat 30 gemeentelede.

Die inwoners is bederf met komberse, toiletware en heerlike koekies. Daar is ook 'n groot bydrae gemaak tot ons kos-, medisyne- en wasgoedkas.

Die bestuur en personeel se hande word versterk deur hierdie positiewe bydrae waarvoor ons nooit genoeg dankie kan sê nie.

UitreikPP1 UitreikPP2

Vier sussies saam

Is ons nie bevoorreg nie?! Tans woon daar vier sussies saam hier is in Piet Potgieter Tehuis. Ons is saam met hulle dankbaar vir die voorreg.

Sussies

 

Piet Potgieter word 50!

Piet Potgieter Monumenttehuis is vanjaar vyftig jaar oud. Dis feestelik saam met Jan Braai gevier ten tye van die veteraanmotorskou.

 

 

DSCF0075 DSCF0074 DSCF0077

 

 

Algemene Jaarvergadering

Daar is tydens die vergadering met dank kennis geneem van al die werksaamhede by die Tehuis.

Daar is tans 79 inwoners in die tehuis, waarvan 3 hierdie jaar 101 jaar oud word!
8 inwoners is tussen 91 en 100
27 tussen 81 en 90
28 tussen 71 en 80
14 jonger 70.

Die Tehuis voorsien 24 uur alles omvattende diens aan bogenoemde inwoners en ook nooddienste aan 117 seniors wat op die terrein woonagtig is, hetsy in woonreg meenthuise/woonstelle of in huurwoonstelle en kommune soort huise.

Ons is dankbaar om oor die deeltydse diens van 'n arbeidsterapeut te beskik, en om musiekterapie aan Alzheimer inwoners te bied deur Nesta Malan ('n vrywilliger ). Alle personeel wat met Alzheimer pasiënte werk is ook deur die Alzheimervereniging opgelei op 'n weeklange kursus.

Twee eredienste word weekliks deur ons plaaslike leraars hanteer. Seniors op die terrein het ook weekliks 'n stokperdjiegroep, waar die mooiste handgemaakte artikels geskep word om deel te vorm van die fondsinsameling van die Tehuis. Skenkings van wol, lint, materiaal, krale, ens word altyd verwelkom. Weeklikse kunsklasse word deur pastoor Vigus aangebied, waar baie verborge talent ontdek word.

Gereelde sosiale funksies word ook vir alle seniors op die terrein aangebied – braaivleis/boeremusiek, potjiekos, gaskunstenaars en vele meer is aan die orde van die dag.

Die Tehuis gaan ook soos meeste Welsynsorganisasies gebuk onder moeilike finansiële omstandighede, veral in terme van voorsiening van medikasie, klerasie, doeke en toiletware aan talle van ons inwoners. Daarom word gereëlde fondsinsamelings projekte geloods, soos die pas afgelope Veteraanmotorskou waar R 35 000 wins getoon is – met dankbaarheid teenoor almal wat op welke wyse ook al 'n bydrae tot die sukses daarvan gemaak het.

Ons staan in dankbare afhanklikheid van ons Hemelse Vader.

Dankie!

Mariana van Tonder

 

Breëvergadering 2013
Op 15 Mei om 09:00 vind Piet Potgieter Tehuis se Breëvergadering plaas. Ons sien daarna uit om al die NHSV dames by ons te verwelkom.

Hier volg 'n paar foto's van laasjaar se Breëvergadering:

picture 265

picture 270

Veteraanmotorskou
Op Saterdag 4 Mei is daar 'n veteraanmotorskou by die Tehuis aangebied ter stywing van ons fondse. Daar was 47 veteraanmotors wat deelgeneem het en die dag is gekenmerk deur 'n gesellige atmosfeer, gaskunstenaar en stalletjies.

Dit is met dankbaarheid in ons harte dat ons kan sê ons wins is R30 000. 'n Groot dankie aan een en almal wat op welke wyse ook al 'n bydrae gemaak het. Ons maak volgende jaar weer so!

2013-05-04 10.13.25 2013-05-04 10.12.47

2013-05-04 10.13.53 2013-05-04 10.25.28

2013-05-04 10.27.38 2013-05-04 10.51.25

2013-05-04 10.07.51 2013-05-04 10.23.42

Groot dankie!

Piet Potgieter Tehuis sê baie dankie vir die heerlike vars groente wat ons van die boere ontvang het. Hier is ons inwoners hard aan die werk om alles vir die vrieskas te verwerk.

pa090057 pa090055

pa090058Martie Venter

Kunsklasse

Inwoners en personeel neem deel aan kunsklasse wat tans by Piet Potgietertehuis aangebied word. Dis 'n heerlike manier van ontspan en is boonop terapeuties!

kunsklas1 kunsklas2

 

Donderdag 20 September om 09:30 was dit die amptelike inwyding van ons nuwe Bakhuis by Piet Potgieter Monument Tehuis. ‘n Heerlike teetuin en gebak is aangebied.

 

Handvaardige inwoners

naaldwerkpietpotWie sê ons hande wil nie meer fyn werk doen nie?! Kyk net hier wat het die inwoners van Piet Potgieter Monumenttehuis se hande nou onlangs vermag. Wil die ander tehuise hulle dalk probeer nadoen?

 

 

 

Gedagte vir die maand

"Die natuur is die altyd wisselende veelkleurige kleed van God" (Johann Wolfgang von Goethe)

Wenslysie

Ons Tuis benodig lugversorgers vir die Alzheimer-afdeling. Skenkings en donasies sal waardeer word.

Van Rensburg Tehuis benodig die volgende vir hul arbeidsterapiesessies:

  • Musiekinstrumente (dromme, klokkies, maraka's, tamboryn)
  • Sagte lekkers, suigstokkies, sjokolade, ens vir pryse
  • Wol, "chunky" en "double knit"
  • DVD's oor die natuur, diere, ens.
  • Standaard kragopwekker

Amot benodig:

  • Fotostaatpapier
  • Huisplante
  • Sitkamerstel
  • Stortjel
  • Skryfbehoeftes
  • Lakens
  • Komberse
  • Dekens
  • Handdoeke
  • Gordyne
  • Kantgordyne
  • Hospitaalbedmatrasse

Louis Trichardt Tehuis benodig:

  • Industriële tuimeldroër
  • Matwasser
  • Industriële skoonmaaktrollies met mops
  • Herstelwerk aan gordyne
  • Sitkamerstel
  • Enkelbedmatrasse
  • Biblioteekboekrak
  • Hulp met fondsinsamelingsprojekte
  • Toiletware, lekkers, "luukshede" om by verjaardagpakkies te voeg
  • Vrywilligers

Belangrike datums

Junie
2   – Amot: Pannekoek
8   − Emily Hobhouse: Wintertee Tooi Turkoois
11 – Amot: Vadersdagete
18 – Van Rensburg: Vadersdag

Julie
7   – Amot: Sop en sjerie, Kaas en wyn
29 – Louis Trichardt: Kersfees in Julie

September
1   – Amot: Lentedag. Blommetjies en bytjies
9   – Louis Trichardt: Lentetee
13 – Amot: Breekommitee
15 – Amot: Pannekoek
20 − Emily Hobhouse: Uitstappie

Oktober
1   – Amot: Nasionale dag vir bejaardes bederf
7   − Emily Hobhouse: Speelgoed kompetisie
12 − Emily Hobhouse: Lentebraai
24 – Van Rensburg: Lentedag
28 – Amot: Personeelafsluiting Golf Estate

November
4   – Piet Potgieter: Brille & Pille Bikers Ralley en Bazaar
18 – Amot: Ouer kind dag met kunstenaar
23 – Louis Trichardt: Kersete
29 − Emily Hobhouse: Kersprogram (Dienssentrum)
Nov – Van Rensburg: Jaareindfunksie

Desember
1−15 Des – Piet Potgieter: Kersliggie Fees
6   – Amot: Kersete
28 − Emily Hobhouse: Oujaarsbraai
30 – Amot: Braaivleis