Ons Tuis / Monumenttehuise

Van Rensburg Tehuis

Van Rensburgtehuis se stories
As ons van bejaardeversorging praat, dink ons aan kieries, kunstande en rolstoele. Ja, dit word soms wel deel van ’n mens se daaglikse bestaan, maar onthou: Bejaardes was ook peuters, kleuters, tieners en jong volwassenes wat uiteindelik hul plek in die arbeidsmark en gesin volgestaan en die uitdagings en lief en leed van die lewe hanteer het. Dus het elkeen ’n storie.

Memory Room Sensoriese tuin

Lees meer hier. 

Van Rensburg inwoners vat die pad!
Onlangs het 'n paar inwoners saam met Van Rensburg Tehuis se arbeidsterapeut Lizl van Eeden die strate van Pretoria ingevaar – darem nie vir kwaadgeld nie, maar om 'n besoek aan besienswaardighede soos die Uniegebou te bring. Die uitstappie is af gesluit met heerlike roomys by Mc Donalds. Op die foto's verskyn tannies Mostert en Venter en oom Vermeulen.

Uniegebou1 Uniegebou2

UNIEGEBOU3

Ouma Rose se kleuterskool

Rose3Moenie dink die ouer persone in Van Rensburg Tehuis staan altyd net bakhand nie – nee, soms is ons in die bevoorregte posisie om te kan uitdeel ook.

So het ons laasjaar vir Mandeladag uitgereik van Ouma Rose se kleuterskool. Sy bly in Lotus Gardens en bedryf 'n dag- en nagsorgsentrum in 'n deel van haar woonhuis wat sy hiervoor omskep het, maar haar fondse is uiters beperk.
Ons het deur middel van skenkings van 'n paar ander instansies, onder andere Piccoli Kleuterskool, Caring Daisies, Wild Routes Nursery, inwoners se kinders en nog ander vir haar tafeltjies en stoeltjies, matrassies, matte, bome, kisvrieskas, kos en nog baie ander goed kon gee wat dit vir haar moontlik maak om 'n goeie diens te lewer.
Soos sy self gesê het, ons betrokkenheid het haar weer die moed gegee om aan te gaan met die kleuterskool en die lewe.
Ons is steeds betrokke en wil graag vir haar 'n buite spoeltoilet, 'n wasbak sowel as 'n draagbare radio gee.

Rose1 Rose2

Rose4 Rose5

Rose6

So aan die einde van 2015

Die jaar kom stadig maar seker tot 'n einde, maar by Van Rensburg Tehuis gebeur daar nog heelwat. So kry ons elke Woensdag besoek van Paws for God.

20151111 114757 20151125 120957

20151111 115323 20151111 120958

En eerstejaar studente kom doen praktiese ervaring by ons op.

20151104 100533 20151104 092310

20151104 100553 20151104 100019

Heerlike familiedag
Op 31 Oktober 2015 het ons 'n heerlike familiedag gehou. Die vermaak is deur Beeskraal verskaf en on het almal lekker gekuier en gedans.

20151031 091251 20151031 091455 20151031 091551

20151031 091629 20151031 095402 20151031 100510

20151031 102218 20151031 105907 20151031 110915

20151031 111614 20151031 112158

 Mandeladae (!) by Van Rensburg
Ons inwoners was so bevoorreg om Mandeladag 2015 op meer as een dag te vier!
Op Woensdag het ds Geel en lidmate van Gemeente Midstream ons bederf met vis en skyfies van Ocean Basket Owl Village.

Mand2015f

En toe, op Donderdag, het Velmore Hotel en Bakwena Spa inwoners en personeel kom bederf met voet-, hand- en nekmasserings en 'n middagete.

Mand2015e
Dit was voorwaar heerlik en die bejaardes het dit vreeslik geniet. Die personeel wat ook kon kom sit vir 'n behandeling was vir 'n rukkie weggevoer na 'n ander plek.

Mand2015b Mand2015a

Mand2015d Mand2015c
Velmore Hotel het hulle sjef saam gebring en hy het aan al die bejaardes chicken á la king vir middagete bedien.
Die inwoners van Van Rensburg Tehuis het voorwaar 'n heerlike bederf week gehad. Dankie aan almal.

Opleiding en braai – 'n goeie opvolgaksie

Dit was weer tyd vir 'n heerlike braaidag by Van Rensburg Monumenttehuis. Vierdejaar Arbeidsterapiestudente van 2015 wat besig was met hul praktiese opleiding, kon ook hieraan meedoen.
Hier is van die studente besig met opleiding:

Studente2015

 

En hier braai ons:

Braaidag1 2015 Braaidag2 2015

Braaidag3 2015 Braaisag4 2015

Gedagte vir die maand

"Die natuur is die altyd wisselende veelkleurige kleed van God" (Johann Wolfgang von Goethe)

Wenslysie

Ons Tuis benodig lugversorgers vir die Alzheimer-afdeling. Skenkings en donasies sal waardeer word.

Van Rensburg Tehuis benodig die volgende vir hul arbeidsterapiesessies:

  • Musiekinstrumente (dromme, klokkies, maraka's, tamboryn)
  • Sagte lekkers, suigstokkies, sjokolade, ens vir pryse
  • Wol, "chunky" en "double knit"
  • DVD's oor die natuur, diere, ens.
  • Standaard kragopwekker

Amot benodig:

  • Fotostaatpapier
  • Huisplante
  • Sitkamerstel
  • Stortjel
  • Skryfbehoeftes
  • Lakens
  • Komberse
  • Dekens
  • Handdoeke
  • Gordyne
  • Kantgordyne
  • Hospitaalbedmatrasse

Louis Trichardt Tehuis benodig:

  • Industriële tuimeldroër
  • Matwasser
  • Industriële skoonmaaktrollies met mops
  • Herstelwerk aan gordyne
  • Sitkamerstel
  • Enkelbedmatrasse
  • Biblioteekboekrak
  • Hulp met fondsinsamelingsprojekte
  • Toiletware, lekkers, "luukshede" om by verjaardagpakkies te voeg
  • Vrywilligers

Belangrike datums

Junie
2   – Amot: Pannekoek
8   − Emily Hobhouse: Wintertee Tooi Turkoois
11 – Amot: Vadersdagete
18 – Van Rensburg: Vadersdag

Julie
7   – Amot: Sop en sjerie, Kaas en wyn
29 – Louis Trichardt: Kersfees in Julie

September
1   – Amot: Lentedag. Blommetjies en bytjies
9   – Louis Trichardt: Lentetee
13 – Amot: Breekommitee
15 – Amot: Pannekoek
20 − Emily Hobhouse: Uitstappie

Oktober
1   – Amot: Nasionale dag vir bejaardes bederf
7   − Emily Hobhouse: Speelgoed kompetisie
12 − Emily Hobhouse: Lentebraai
24 – Van Rensburg: Lentedag
28 – Amot: Personeelafsluiting Golf Estate

November
4   – Piet Potgieter: Brille & Pille Bikers Ralley en Bazaar
18 – Amot: Ouer kind dag met kunstenaar
23 – Louis Trichardt: Kersete
29 − Emily Hobhouse: Kersprogram (Dienssentrum)
Nov – Van Rensburg: Jaareindfunksie

Desember
1−15 Des – Piet Potgieter: Kersliggie Fees
6   – Amot: Kersete
28 − Emily Hobhouse: Oujaarsbraai
30 – Amot: Braaivleis