Monument Dienssentrum

Die Dienssentrum bied 'n verskeidenheid dienste aan in die gemeenskap. Dit sluit tuisversorging, skoonmaakdienste en etes in.

Sosiale en ontspanningsprogramme word op 'n deurlopende basis by die Dienssentrum aangebied.  Die Dienssentrum bied aan die bejaarde die geleentheid om homself/haarself ten volle as individu binne 'n veilige en skeppende gemeenskap uit te leef.

Die Dienssentrum funksioneer nóu saam met die Louis Trichardt Tehuis wat binne kórt loopafstand van die Dienssentrum af is. 

 

Gedagte vir die week

"In die stryd om oorlewing gee talent die uitklophou, maar takt is die slim voetwerk" (Wilson Mizner)

Wenslysie

Van Rensburg Tehuis benodig die volgende vir hul arbeidsterapiesessies:

  • Balle van verskillende groottes vir oefening
  • Netbal-/basketbalring wat teen 'n paal vasgesit kan word
  • Gewigte/"dumbells", 1 en 2 kg
  • Musiekinstrumente (dromme, klokkies, maraka's, tamboryn)
  • Seepborrels
  • Sagte lekkers, suigstokkies, sjokolade, ens vir pryse
  • Wol, "chunky" en "double knit"
  • DVD's oor die natuur, diere, ens.
  • Boeke in groot druk
  • Aktiwiteitsboeke met woordspeletjies (verkieslik in grootdruk)

Belangrike datums

7 Junie: AMOT – Gholfdag
13 Julie: Emily Hobhouse – Sop en sjerrie
19 Julie: Machteld Postmus Kompleks – Sop en Sjerrie
9 Augustus: Emily Hobhouse – Erica Volkspelelaer
23 Augustus: Louis Trichardt – Mandjiedans
30 Augustus: Emily Hobhouse – Wegneemeteverkoping
13 September: Machteld Postmus Kompleks – Lentefees
27 September: AMOT – Jaareindfunksie en spanbou vir personeel
29 September: AMOT – Jaareindfunksie vir Admin-personeel
11 Oktober: Emily Hobhouse – Lentebraai
11–13 Oktober: AMOT – Pannekoekbak
31 Oktober: Emily Hobhouse – Wegneemeteverkoping
31 Oktober: Machteld Postmus Kompleks – Jakarandajubel
1 November: Seniorstuis Dienssentrum – Kersmark
2 November: Piet Potgieter – Brille en Pille Rally en Basaar
8 November: Ons Tuis – Kersfunksie
9 November: Van Rensburg Tehuis - familiedag met Fredie Nest
15 November: Machteld Postmus Kompleks – Kersete
22 November: Van Rensburg Tehuis - Kerssangdiens met Jan de Wet
23 November: Louis Trichardt - Kersete
26 November: Emily Hobhouse – 30 jaar oud
4 Desember: AMOT – Kersete vir inwoners