Ons Tuis / Monumenttehuise

Geskiedenis

Gedurende die vroeë vyftigerjare het mev MR Oosthuizen (Eerste voorsitter van die NHSV) die behoefte vir die versorging van verswakte bejaardes geïdentifiseer tydens ‘n kongres van die  Nasionale Raad vir Bejaardes.   Sy het die gedagte aan die NHSV oorgedra en op 7 November 1959 is Van Rensburg Tehuis se deure amptelik geopen.  

Die behoefte vir ‘n spesiale afdeling vir die versorging van lyers met seniele demensies is ‘n paar jaar later geïdentifiseer en so word Van Rensburg Tehuis die eerste tehuis wat spesialeer in die versorging van persone met Alzheimersiekte en ander seniele demensies. In April 1970 het die tehuise hul eie maatskaplike werker gekry, mev CE (Kitty) Roos. Mev Roos word opgevolg deur mev J van Rensburg.    

Onder leiding van matrone Rensie van Tonder, reeds 30 jaar in diens van die Monumenttehuise,   word  24-uur omvattende versorging aan 113 inwoners gebied.  Mev Bea Steenkamp is die opvolgende Huisbestuur voorsitter wat in 1990 deur Mev A van Wyk  opgevolg word.  Mev A van Wyk was reeds vir 17 jaar die voorsitter van Van Rensburg tehuis en het sy bedank as voorsitter 2007.  Mev Elma du Plessis neem in 2007 die voorsitter stoel in.

 

Gedagte vir die maand

"Die natuur is die altyd wisselende veelkleurige kleed van God" (Johann Wolfgang von Goethe)

Wenslysie

Ons Tuis benodig lugversorgers vir die Alzheimer-afdeling. Skenkings en donasies sal waardeer word.

Van Rensburg Tehuis benodig die volgende vir hul arbeidsterapiesessies:

  • Musiekinstrumente (dromme, klokkies, maraka's, tamboryn)
  • Sagte lekkers, suigstokkies, sjokolade, ens vir pryse
  • Wol, "chunky" en "double knit"
  • DVD's oor die natuur, diere, ens.
  • Standaard kragopwekker

Amot benodig:

  • Fotostaatpapier
  • Huisplante
  • Sitkamerstel
  • Stortjel
  • Skryfbehoeftes
  • Lakens
  • Komberse
  • Dekens
  • Handdoeke
  • Gordyne
  • Kantgordyne
  • Hospitaalbedmatrasse

Louis Trichardt Tehuis benodig:

  • Industriële tuimeldroër
  • Matwasser
  • Industriële skoonmaaktrollies met mops
  • Herstelwerk aan gordyne
  • Sitkamerstel
  • Enkelbedmatrasse
  • Biblioteekboekrak
  • Hulp met fondsinsamelingsprojekte
  • Toiletware, lekkers, "luukshede" om by verjaardagpakkies te voeg
  • Vrywilligers

Belangrike datums

Junie
2   – Amot: Pannekoek
8   − Emily Hobhouse: Wintertee Tooi Turkoois
11 – Amot: Vadersdagete
18 – Van Rensburg: Vadersdag

Julie
7   – Amot: Sop en sjerie, Kaas en wyn
29 – Louis Trichardt: Kersfees in Julie

September
1   – Amot: Lentedag. Blommetjies en bytjies
9   – Louis Trichardt: Lentetee
13 – Amot: Breekommitee
15 – Amot: Pannekoek
20 − Emily Hobhouse: Uitstappie

Oktober
1   – Amot: Nasionale dag vir bejaardes bederf
7   − Emily Hobhouse: Speelgoed kompetisie
12 − Emily Hobhouse: Lentebraai
24 – Van Rensburg: Lentedag
28 – Amot: Personeelafsluiting Golf Estate

November
4   – Piet Potgieter: Brille & Pille Bikers Ralley en Bazaar
18 – Amot: Ouer kind dag met kunstenaar
23 – Louis Trichardt: Kersete
29 − Emily Hobhouse: Kersprogram (Dienssentrum)
Nov – Van Rensburg: Jaareindfunksie

Desember
1−15 Des – Piet Potgieter: Kersliggie Fees
6   – Amot: Kersete
28 − Emily Hobhouse: Oujaarsbraai
30 – Amot: Braaivleis