Ons Tuis / Monumenttehuise

Fotogallery

Dit sê sommer welkom

Die mooi ingang by Van Rensburg tehuis laat 'n mens sommer welkom voel:

vr buite vr buite 2

Oud maar nog nie koud!

Die jaar 2013 is al verby halfpad en hier by Van Rensburg tehuis het ons nie stil gesit nie.
Daar was 'n hele paar sportgeleenthede waaraan sowel die bejaardes as die personeel deelgeneem en geniet het.

Lekker boeresport – soos gewoonlik het die blou span gewen.

 image1

 image2

 image3

Die inwoners geniet dit om toeskouers sowel as deelnemers te wees en hier is ‘n paar hard besig om croquet te speel:

image4

image5

Met die 2010 Sokker Wêreld beker wat gehou is, het die sokkerkoors behoorlik hoog geloop, ook hier in Van Rensburg. Ons het ons eie sokkerdag gehad. Almal is betrek, as jy nie deelgeneem het nie moes jy skreeu en jou span aanmoedig.

 

image6

image7

Die dag was groot pret en die Rainbow United span het met die trofeë weggestap.

image8

image9 

Gedagte vir die maand

"Die natuur is die altyd wisselende veelkleurige kleed van God" (Johann Wolfgang von Goethe)

Wenslysie

Ons Tuis benodig lugversorgers vir die Alzheimer-afdeling. Skenkings en donasies sal waardeer word.

Van Rensburg Tehuis benodig die volgende vir hul arbeidsterapiesessies:

  • Musiekinstrumente (dromme, klokkies, maraka's, tamboryn)
  • Sagte lekkers, suigstokkies, sjokolade, ens vir pryse
  • Wol, "chunky" en "double knit"
  • DVD's oor die natuur, diere, ens.
  • Standaard kragopwekker

Amot benodig:

  • Fotostaatpapier
  • Huisplante
  • Sitkamerstel
  • Stortjel
  • Skryfbehoeftes
  • Lakens
  • Komberse
  • Dekens
  • Handdoeke
  • Gordyne
  • Kantgordyne
  • Hospitaalbedmatrasse

Louis Trichardt Tehuis benodig:

  • Industriële tuimeldroër
  • Matwasser
  • Industriële skoonmaaktrollies met mops
  • Herstelwerk aan gordyne
  • Sitkamerstel
  • Enkelbedmatrasse
  • Biblioteekboekrak
  • Hulp met fondsinsamelingsprojekte
  • Toiletware, lekkers, "luukshede" om by verjaardagpakkies te voeg
  • Vrywilligers

Belangrike datums

Junie
2   – Amot: Pannekoek
8   − Emily Hobhouse: Wintertee Tooi Turkoois
11 – Amot: Vadersdagete
18 – Van Rensburg: Vadersdag

Julie
7   – Amot: Sop en sjerie, Kaas en wyn
29 – Louis Trichardt: Kersfees in Julie

September
1   – Amot: Lentedag. Blommetjies en bytjies
9   – Louis Trichardt: Lentetee
13 – Amot: Breekommitee
15 – Amot: Pannekoek
20 − Emily Hobhouse: Uitstappie

Oktober
1   – Amot: Nasionale dag vir bejaardes bederf
7   − Emily Hobhouse: Speelgoed kompetisie
12 − Emily Hobhouse: Lentebraai
24 – Van Rensburg: Lentedag
28 – Amot: Personeelafsluiting Golf Estate

November
4   – Piet Potgieter: Brille & Pille Bikers Ralley en Bazaar
18 – Amot: Ouer kind dag met kunstenaar
23 – Louis Trichardt: Kersete
29 − Emily Hobhouse: Kersprogram (Dienssentrum)
Nov – Van Rensburg: Jaareindfunksie

Desember
1−15 Des – Piet Potgieter: Kersliggie Fees
6   – Amot: Kersete
28 − Emily Hobhouse: Oujaarsbraai
30 – Amot: Braaivleis