Ons Tuis / Monumenttehuise

Meer oor Ons Tuis

Meer oor Ons Tuis Riviera

Ons Tuis huisves tans 290 verswakte persone. Die versorgingspan spesialiseer in fisiese en emosionele versorging van bejaardes. 110 inwoners is in verskillende fases van demensie. Daaglikse versorging vind plaas vir 24-uur deur 'n multi-professionele span. Die spanlede sluit die volgende in:  

1 Verpleegdiensbestuurder
1 Arbeidsterapeut
14 Gekwalifiseerde verpleegkundiges (geregistreerde verpleegsters en stafverpleegkundiges)
34 Ingeskrewe verpleeghulpe
11 Geriatriese helpers
3 Administratiewe beamptes
1 Vervoerbeampte
7 Huishoudelike toesighouers
41 Algemene werkers
1 Voedseldiensbestuurder
19 Kombuispersoneel: kokke, kelners en algemene skoonmakers
6 Washuispersoneel
2 Tuiniers
Sekuriteitswagte
Dokters
Aptekers
Haarkapster
Kinders en familie van ons inwoners, wat die BELANGRIKSTE lede van die span is.

 

WOONSTELLE

ANNIE SCHILZ - Woonstelbehuising, met eenslaapkamer- en enkelwoonstelle, word hier aangebied op woonreg- en huurbasis. Enkelwoonstelle vir verhuring word bereken volgens inkomste (op 'n glyskaal).

Woonreg word verkoop ten opsigte van enkel- en eenslaapkamerwoonstelle met groottes wat wissel tussen 27 en 41 m². 

By twee woonregwoonstelle bekend as EVELYN VERMOOTEN is die groottes van die woonstelle 44 vkm².  By UIT EN TUIS is daar drie woonregwoonstelle waarvan die groottes ook wissel tussen 63 en 82 m²

Woonstelle is geskik vir sterk en gesonde ouer persone wat in 'n veilige omgewing op hulle eie kan funksioneer, met die sekuriteit van beskikbare dienste.

Ondersteunende dienste, word gelewer deur SENIORSTUIS DIENSSENTRUM.

 

Kerkdienste vind plaas in die kleiner eetsale in die afdelings wat veral die behoeftes van die erg verswakte aanspreek. Hulle is te verswak om kerkdienste op Sondae in die Seniorstuis Dienssentrumsaal by te woon.

Leserskring vidn plaas op Donderdae. Grootdruk biblioteekboeke is beskikbaar vir pure leesgenot. Ja, Ons Tuis het sy eie biblioteek wat deur die Stadsraad voorsien word en wie beheer die diens?  Reg so!  Ons Tuis se eie inwoners.  Hulle lewer selfs boeke af in die kamers vir diegene wat te verswak is om tot by die tweede vloer te stap waar die biblioteek is.

Vrydae word gebêre in die dagboeke vir optredes van gaskunstenaars.  Of allerlei ander dinge waarvoor ons uitgenooi word. 

Ander aktiwiteitsgroepe word aangebied deur die arbeidsterapeut en daar is ook individuele terapie-sessies.

’n Belangrike aktiwiteit wat aangebied word, is diere-terapie. ’n Opgeleide hond en sy begeleier besoek ons inwoners. Inwoners word die geleentheid gegee om aan die dier te vat.  Die hond word dan ’n middel tot voel, ervaar, terugdink aan eie troeteldiere, kind-word en alle ander emosies wat by diereliefhebbers uitgelok word deur aan ’n dier te vat.

Gedagte vir die maand

"Die natuur is die altyd wisselende veelkleurige kleed van God" (Johann Wolfgang von Goethe)

Wenslysie

Ons Tuis benodig lugversorgers vir die Alzheimer-afdeling. Skenkings en donasies sal waardeer word.

Van Rensburg Tehuis benodig die volgende vir hul arbeidsterapiesessies:

  • Musiekinstrumente (dromme, klokkies, maraka's, tamboryn)
  • Sagte lekkers, suigstokkies, sjokolade, ens vir pryse
  • Wol, "chunky" en "double knit"
  • DVD's oor die natuur, diere, ens.
  • Standaard kragopwekker

Amot benodig:

  • Fotostaatpapier
  • Huisplante
  • Sitkamerstel
  • Stortjel
  • Skryfbehoeftes
  • Lakens
  • Komberse
  • Dekens
  • Handdoeke
  • Gordyne
  • Kantgordyne
  • Hospitaalbedmatrasse

Louis Trichardt Tehuis benodig:

  • Industriële tuimeldroër
  • Matwasser
  • Industriële skoonmaaktrollies met mops
  • Herstelwerk aan gordyne
  • Sitkamerstel
  • Enkelbedmatrasse
  • Biblioteekboekrak
  • Hulp met fondsinsamelingsprojekte
  • Toiletware, lekkers, "luukshede" om by verjaardagpakkies te voeg
  • Vrywilligers

Belangrike datums

Junie
2   – Amot: Pannekoek
8   − Emily Hobhouse: Wintertee Tooi Turkoois
11 – Amot: Vadersdagete
18 – Van Rensburg: Vadersdag

Julie
7   – Amot: Sop en sjerie, Kaas en wyn
29 – Louis Trichardt: Kersfees in Julie

September
1   – Amot: Lentedag. Blommetjies en bytjies
9   – Louis Trichardt: Lentetee
13 – Amot: Breekommitee
15 – Amot: Pannekoek
20 − Emily Hobhouse: Uitstappie

Oktober
1   – Amot: Nasionale dag vir bejaardes bederf
7   − Emily Hobhouse: Speelgoed kompetisie
12 − Emily Hobhouse: Lentebraai
24 – Van Rensburg: Lentedag
28 – Amot: Personeelafsluiting Golf Estate

November
4   – Piet Potgieter: Brille & Pille Bikers Ralley en Bazaar
18 – Amot: Ouer kind dag met kunstenaar
23 – Louis Trichardt: Kersete
29 − Emily Hobhouse: Kersprogram (Dienssentrum)
Nov – Van Rensburg: Jaareindfunksie

Desember
1−15 Des – Piet Potgieter: Kersliggie Fees
6   – Amot: Kersete
28 − Emily Hobhouse: Oujaarsbraai
30 – Amot: Braaivleis