Ons Tuis / Monumenttehuise

Nuus

Splinternuwe resepteboekResepteboek

Ons is sommer baie trots om ons Kierie Kasteel Resepteboek vir u aan te bied as kersgeskenk vir almal vir wie u lief is.  Die prys is R140.  Die boek is in A4-grootte met 100 bladsye. Daar is voorsiening gemaak vir plek waar jy jou eie gunstelinge kan inskryf, of vir jou kind of vriendin aanteken.  Ons heerlike gemmerkoekies- en boerbeskuitresep verskyn in die boek, saam met heerlike etes, alles beproef in kombuise oor baie jare deur ons inwoners. Dit was 'n liefdestaak, en al die fondse gaan vir die bou van 'n nuwe lapa.
Ondersteun ons asseblief.  Kontak die Ons Tuis Dienssentrum by 012 329 3707 en plaas u bestelling.

Dis heerlike lente, die winter's verby!

En natuurlik moet ons dit vier! Ons skop af op 16 September 2015 met 'n heerlike huiskonsert.

Op die foto's hou Dawn Ceronia van Seniordal haar lyf Dowwe Dolla. Kyk dan net so 'n minirokkie! Op die tweede foto sien ons Dawn se ernstige kant as sy 'n pragtige lied sing.

IMG 0033 IMG 0407

Bejaard? Dit sal die dag wees! Die lywe mag tekens van "versaking" toon, maar die harte is jonk. Kyk hoe lekker word daar gedans.

IMG 0052 IMG 0299

Ook Ons Tuis se inwoners het kom deelneem, en hier is Trudie Kleynhans en Corlia besig om oor ernstige lewenskwellinge te besin. Is dit nou Martha, of is dit Maria?

IMG 0099

Ons is mos die Dienssentrum met 'n hartklop vir mense, en daarvan getuig Tina Botha, vriendin van ons Dienssentrum, se voordrag van Amakeia. Ons het almal 'n knop in die keel gehad.

IMG 0219

Die hoogtepunt van ons konsert is egter elke jaar Fietie Rhoodie se tong-in-die-kies skryfwerk. Sy maak haar deelnemers bymekaar (natuurlik beeld hulle ook ons daggang uit!) en elkeen is 'n "lag" op sy eie.

IMG 0426

Ilse Malan, ons admin beampte, moes inderhaas die rol van suster instudeer, en het haar knap van haar taak gekwyt. Hier probeer sy vir Koba Erasmus tot bedaring bring.

IMG 0453

Arme suster moet Chris Beukes se pynlike voet versorg.

IMG 0496

Om hierdie klomp inwoners te behartig, is matrone (Fietie Rhoodie) se hulp nodig. Sy laat val egter die pille, en almal maak net pille bymekaar. Miskien kry hulle iets te drinke wat help vir hul kwaal.

IMG 0503

Nog was dit het einde niet. Die mooie Septembermaand is afgesluit met 'n heerlike potjiekosete op 30 September. Ons het tafels onder die bome gedek en almal het van vroeg af in die koelte gekuier.

Ons boereharte het sterk geklop toe "Die Boereorkes" begin speel.

P9300237

Hoe lyk so 'n potjie vir jou?

P9300285

Adri, Dalene, Lenie en Chris proe of die sout reg is.

P9300242

Die pot is reg, klink 'n glasie daarop.

P9300258

Die groot kuier onder die bome.

P9300273

Wintermark 2015

Die wintermark van 8 en 9 Mei 2015 was 'n feesgeleentheid. Vir die Vrydag en Saterdagoggend het ons inwoners 1016 vleispasteie gebak. Die publiek plaas maandeliks bestellings by die Dienssentrum vir hierdie pasteie en hulle was net so gewild by die mark.

Winterm2015b

Natuurlik kon ons ook nie mark hou sonder pannekoek, ronde blink vetkoek gevul met maalvleis en kerrie-en-rys nie. Die poedingtafel het gesorg vir tevredenheid na die lekker eet.

Vyf en twintig buite-uitstallers het aan ons mark deelgeneem, sommige reeds vir die 21ste keer!

Hierdie spanpoging van uitstallers en inwoners se harde werk het 'n baie suksesvolle mark tot gevolg gehad. Ons nooi jou nou reeds uit na ons volgende Wintermark op 6 en 7 Mei 2016.

Winterm2015c Mev Willie Coetzee kan nie besluit watter lappie is die mooiste nie!

Winterm2015a Mnr Graham Stevens by die betaalpunt.

Teen Vrydag 22 Mei was die moegheid weg en kon ons feesvier met 'n heerlike braai.

Gedagte vir die maand

"Die natuur is die altyd wisselende veelkleurige kleed van God" (Johann Wolfgang von Goethe)

Wenslysie

Ons Tuis benodig lugversorgers vir die Alzheimer-afdeling. Skenkings en donasies sal waardeer word.

Van Rensburg Tehuis benodig die volgende vir hul arbeidsterapiesessies:

  • Musiekinstrumente (dromme, klokkies, maraka's, tamboryn)
  • Sagte lekkers, suigstokkies, sjokolade, ens vir pryse
  • Wol, "chunky" en "double knit"
  • DVD's oor die natuur, diere, ens.
  • Standaard kragopwekker

Amot benodig:

  • Fotostaatpapier
  • Huisplante
  • Sitkamerstel
  • Stortjel
  • Skryfbehoeftes
  • Lakens
  • Komberse
  • Dekens
  • Handdoeke
  • Gordyne
  • Kantgordyne
  • Hospitaalbedmatrasse

Louis Trichardt Tehuis benodig:

  • Industriële tuimeldroër
  • Matwasser
  • Industriële skoonmaaktrollies met mops
  • Herstelwerk aan gordyne
  • Sitkamerstel
  • Enkelbedmatrasse
  • Biblioteekboekrak
  • Hulp met fondsinsamelingsprojekte
  • Toiletware, lekkers, "luukshede" om by verjaardagpakkies te voeg
  • Vrywilligers

Belangrike datums

Junie
2   – Amot: Pannekoek
8   − Emily Hobhouse: Wintertee Tooi Turkoois
11 – Amot: Vadersdagete
18 – Van Rensburg: Vadersdag

Julie
7   – Amot: Sop en sjerie, Kaas en wyn
29 – Louis Trichardt: Kersfees in Julie

September
1   – Amot: Lentedag. Blommetjies en bytjies
9   – Louis Trichardt: Lentetee
13 – Amot: Breekommitee
15 – Amot: Pannekoek
20 − Emily Hobhouse: Uitstappie

Oktober
1   – Amot: Nasionale dag vir bejaardes bederf
7   − Emily Hobhouse: Speelgoed kompetisie
12 − Emily Hobhouse: Lentebraai
24 – Van Rensburg: Lentedag
28 – Amot: Personeelafsluiting Golf Estate

November
4   – Piet Potgieter: Brille & Pille Bikers Ralley en Bazaar
18 – Amot: Ouer kind dag met kunstenaar
23 – Louis Trichardt: Kersete
29 − Emily Hobhouse: Kersprogram (Dienssentrum)
Nov – Van Rensburg: Jaareindfunksie

Desember
1−15 Des – Piet Potgieter: Kersliggie Fees
6   – Amot: Kersete
28 − Emily Hobhouse: Oujaarsbraai
30 – Amot: Braaivleis